Pneumatika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Lughamerboor wat van pneumatiese prinsiepe gebruik maak om werk te verrig

Pneumatika is die studie en toepassing van saamgeperste gas om meganiese beweging te produseer en werk te verrig.

Pneumatiese stelsels wat op groot skaal gebruik word in die bedryf word algemeen aangedryf deur saamgeperste lug of saamgeperste edelgasse sodat chemiese reaksies nie plaasvind nie. Saamgeperste gas word dikwels verkry deur 'n masjien wat 'n kompressor genoem word. Beide pneumatika en hidroulika is die toepassings van vloei energie. Die verskil is dat in pneumatika word daar 'n maklik saamdrukbare gas soos lug of 'n geskikte suiwer gas gebruik terwyl hidroulika 'n relatief onsaamdrukbare vloeistof soos olie gebruik.

Toepassings[wysig | wysig bron]

'n Sirene wat met saamgeperste lug 'n harde klank lewer