Hein Hendriks
Hein Hendriks (1911-1979) was ’n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur. Hy verwerf veral bekendheid vir sy speur- en avontuurverhale. Hy word bekend onder die naam R. Hendriks, maar skryf ook verskeie werke onder die skuilname André Murat en Casper H. Marais. As R. Hendriks skryf hy die Temmers van die woestyn-reeks en die Rooi Masker-reeks. As André Murat en Casper H. Marais skryf hy onderskeidelik die Rooi Jan-reeks (Jeuglektuur) en ses boeke oor die Mank Mannetjie-karakter. Die joernalis en skrywer Hermie Hendriks is een van sy broers.
Lewe en werk
[wysig | wysig bron]Reinhardt (Hein) Hendriks is op 24 Maart 1911 op Swellendam gebore, waar hy ook sy skoolopleiding ontvang. Hy is die oudste van drie broers en sy broer Hermie Hendriks word later ook ’n bekende skrywer van ontspanningslektuur.
Na matrikulasie aanvaar hy in 1930 ’n betrekking in Kaapstad as klerk by ’n versekeringsmaatskappy. Na ses jaar verhuis hy na Transvaal waar hy in 1936 by Ons Vaderland in diens tree as joernalis, terwyl Willem van Heerden hoofredakteur is en A.M. van Schoor die nuusredakteur. Hier ontmoet hy skrywers soos Uys Krige, P.J. Schoeman en S.G. Smidt (wat veral as skrywer onder die skuilnaam Johann van der Post bekendheid verwerf), wat hom grootliks beïnvloed.
In 1937 tree hy in diens van Die Transvaler, met H.F. Verwoerd as die eerste redakteur en hyself die eerste plattelandse redakteur, waarna hy hoof word van die versendingsafdeling van die Transvaler Boekhandel. In hierdie tyd begin hy skryf en sy eerste boek verskyn in 1941.
Hy trou in 1942 met Joan Henriëtte du Toit en bedank dan sy werk om voltyds te skryf en in 1947 verhuis hy terug na Swellendam. Hier skryf hy voltyds, maar boer ook met hoenders.
In 1953 keer hy terug na Johannesburg en word weer redaksielid van Die Vaderland en in 1964 aanvaar hy ’n pos by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie as bibliotekaris.In 1975 tree hy in hierdie posisie af, waarna hy deeltyds in Rapport se biblioteek werksaam is.
Sy eerste vrou is in November 1959 aan ’n ongeneeslike siekte oorlede, nadat twee seuns uit die huwelik gebore is. Na sy eerste vrou se dood trou hy in Maart 1960 met Marjorie Joyce (Jay) McIntosh. In November 1960 laat hy homself vrywillig bankrot verklaar, onder meer oor verliese wat hy gely het met sy hoenderboerdery in Swellendam en die groot onkoste verbonde aan die siekte van sy eerste vrou.
Hy sterf op 8 Augustus 1979 in Devon in Engeland aan ’n hartaanval terwyl hy en sy tweede vrou by haar familie kuier. Op 13 Augustus 1979 is hy in die Exeter-krematorium in Noord-Devon veras.
Skryfwerk
[wysig | wysig bron]Sy eerste roman, Die slangnes, verskyn onder aanmoediging van Uys Krige en S.G. Smidt, waarna hy ’n groot aantal speur- en avontuurverhale skryf, waarvan Die heilige kewer een van die bekendstes is.
Die kopbeen kom huis toe, wat aanvanklik in 1946 gepubliseer is, word later heruitgegee in die Klub 707-reeks.
In Slagoffers van liefde (1952) ontvang Selene Bylewoud ’n dreigbrief, waarna die poppe regtig begin dans.
Onder die naam R. Hendriks word hy veral bekend vir die vele boeke wat hy in die Temmers van die woestyn-reeks skryf. Hierdie is ’n reeks sonder ’n deurlopende hoofkarakter en beskryf avonture in die dae toe die land nog woes en ongetem was en mense nog ver uitmekaar gebly het. Braam le Roux begin hierdie reeks te skryf, maar Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter) lewer ook ’n aantal boeke vir die reeks. Hy is ook verantwoordelik vir boeke in die Rooi Masker-reeks.[1]
Onder die naam Casper H. Marais skryf hy ligte ontspanningsleesstof, waaronder die gewilde Rooi Jan-reeks vir die jeug, wat waarskynlik sy bekendste werke is. Rooi Jan is met sy bos rooi hare en baard ’n soort Tarzan-karakter, wat met sy getroue swart perd en hond onmoontlike heldedade verrig teen die agtergrond van die Oosgrensoorloë in die negentiende eeu. Die eerste reeks van 24 boeke oor Rooi Jan skryf hy tussen 1946 en 1950 om saam te val met die Afrikaanse vertaling van Edgar Rice-Burroughs se Tarzan-boeke, wat deur A.M. van Schoor behartig is, waarna hy tussen 1960 en 1962 ’n tweede reeks van 15 boeke oor hierdie karakter skryf. Met die heruitgawe van Rooi Jan in 1970 moet die titel van die eerste boek, Die skrik van Kafferland, verander word na Die skrik van die wildernis om meer polities korrek te wees.[1][2]
Die Mank Mannetjie-karakter, oor wie hy ’n reeks van ses boeke skryf, is ’n spook wat hom inmeng in die lewens van die lewendes en sodoende vele grappige insidente tot gevolg het. Verder skryf hy ses boeke onder die naam André Murat.[3]
Publikasies
[wysig | wysig bron]Jaar | Publikasies |
---|---|
R. Hendriks:[4][5] | |
1941 | Die slangnes |
1942 | Die verdwyning van die tweeling |
1943 | Die weerwraak van Karl Voss |
1944 | Die wreker |
1945 | Drie vermiste beentjies |
Die lot van Martjie Selm | |
Mans verbode | |
Die verdwene pasiënte | |
Jesebel | |
Die vlermuis se nes | |
As die grond roep | |
1946 | Bloedspoor na die kraters |
Die vlug voor die skavot | |
Piet Pote leer speur | |
Die kopbeen kom huis toe | |
Daarna fladder die mot | |
Die deur bly toe | |
Ek is Antoinette Duke | |
1947 | Die heilige kewer |
Die driemanskap van Wesdam | |
Die raaiselmoorde | |
1949 | As die dromme praat |
Haar laaste pasiënt | |
Fluisterende gaste | |
1950 | Die laaste van die Henckels |
Nero die rifrug | |
1951 | Poort van verskrikking |
1952 | Slagoffers van liefde |
Soos die doderyk | |
1953 | Geheim van die Wit Orgideë |
Die spook van Haaikrans | |
1954 | Geen krans vir Stella |
1955 | Bloed oor die branders |
1958 | Die verlore bewysstuk |
1959 | Skedel van vrees |
1960 | Geheim van die rooi ster |
1961 | Die geheimsinnige dorpsvrou |
1963 | Swerwers op die wapad |
1965 | Dr. Lafras se mense |
Ster van die Breede | |
1967 | Erfgoed |
1971 | Nag in Sodom |
Temmers van die woestyn-reeks (as R. Hendriks): | |
1958 | Engel van die wraak |
Die rowers van Koperlus | |
Spore in die sand | |
Die swart ruiters | |
Vyand uit die nag | |
Die wurgbende | |
1959 | Die blinde skut |
Draers van onheil | |
Ruiters in die nag | |
Die skat van Hans Hanssen | |
Spanning op Blinkklip | |
Die stryd van Elsa Oelrich | |
Die verwoester | |
Waar die kraai waak | |
Die wolf | |
1960 | Die halfmaanspoor |
Die skatte van Oewerplaas | |
Sluipers in swart | |
Wolwe in skaapsklere | |
1961 | Bloed oor die Molopo |
En hoër styg die waters | |
Gif uit die aarde | |
Job van Babelskop | |
Die kluisenaar van Laaste Rus | |
Die perdedief van Grootrivier | |
Die plaasstelers | |
Sandpad van die dood | |
Skat van bloed | |
Slagoffers van die Richtersveld | |
Wit koning van die Boesmans | |
1962 | Huis onder die kranse |
Plaas van smart | |
Die spookruiters | |
Wandelaar in die nag | |
1963 | Bloedspoor na die berge |
Die Rooi Masker-reeks (as R. Hendriks): | |
Verdoemenis van Mambashoek | |
Daar is bloed aan die mas | |
Vreemdeling in die huis | |
Adres – Marshallplein | |
Haat in die hart | |
Die Rooi Jan-reeks (as Casper H. Marais):[6] | |
1946 | Die skrik van Kafferland |
1959 | Die wreker |
Die noodroep uit die oerwoud | |
Die ivoorjagter | |
1947 | Die Rooilemmoordenaars |
Die heilige grot | |
Rooi Jan en die rowers | |
Deur vloedwaters en vlamme | |
1948 | Die vloek van Grootrivier |
Die dag van afrekening | |
Die swart kommando | |
Rooi Jan in die leeukuil | |
Slaags met ’n gruwelbende | |
Jagters van die wit hart | |
Die gifdraers | |
1949 | Die swart arend |
Die skedeldraers | |
Nag van onheil | |
Skeur van die dood | |
Maanhaar van die berge | |
1950 | Die vampiere |
Die swart Boesmans | |
Die wit mamba | |
Heerser van die oerwoud | |
1960 | Die swart boogskutters |
Die valk | |
Die wit buffel | |
Spore van die aasvoël | |
1961 | As die skildwag blaf |
Bloedspoor van die Goue Stoel | |
Die kopjagters | |
Sluipers van die slykmoeras | |
Smokkelaars van Dingaan | |
Verskrikking uit die newels | |
Die wit verraaier | |
Die woestaard van Tierberg | |
1962 | Die dag van die groot slagting |
Muiters van die swart arend | |
Die wit renegaat | |
Die Mank Mannetjie-reeks (as Casper H. Marais): | |
1951 | Die vrolike spook |
Die kastyding van Mieta Bock | |
Die spookmuseum | |
Moleste in ’n modewinkel | |
Manewales in ’n sirkus | |
1952 | ’n Spokery oor bene |
André Murat: | |
1961 | Die gevaarlike tikster |
Moord is ’n kuns | |
1962 | Moordenaar in die huis |
Die swart roos | |
1963 | Onrus op Môrester |
Klokslag Middernag |
Bronnelys
[wysig | wysig bron]Boeke
[wysig | wysig bron]- Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
- Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
- Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005
Tydskrifte en koerante
[wysig | wysig bron]- Anoniem. Rooi Jan laat sy naam leef. Rapport, 12 Augustus 1979
Ongepubliseerde dokumente
[wysig | wysig bron]- Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. R. Hendriks Lewenskets en Bibliografie.
Ander verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/casper%20h%20marais.html
- ↑ Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/rooi_jan.html
- ↑ Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Murat,_Andr%C3%83%C2%A9
- ↑ Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hendriks,_Reinhardt
- ↑ Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AHendriks%2C+R.&qt=hot_author
- ↑ Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2012114726/