24 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
24 Maart is die 83ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (84ste in skrikkeljare). Daar volg nog 282 dae in die res van die jaar
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1084 – Teenpous Clemens III word gekroon in die Lateraanse Basiliek.
- 1160 – Pous Alexander III ekskommunikeer keiser Frederik I Barbarossa en Teenpous Victor IV (Octavianus).
- 1518 – Pous Leo X stel Albrecht von Brandenburg, aartsbiskop van Magdeburg, aan as kardinaal.
- 1568 – Pous Pius V stel nog vier kardinale aan waaronder Antonio Carafa.
- 1603 – Koning James I word die eerste Britse monarg om gelyktydig in Skotland, Engeland en Ierland te heers.
- 1698 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word nuntius vir Portugal.
- 1729 – Pous Benedictus XIII verklaar Fidelis van Sigmaringen (Mark Rey) salig.
- 1734 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Pompeio Aldrovandi, titulêr patriarch van Jerusalem.
- 1868 – Metropolitan Life Insurance Company word gestig.
- 1878 – Die VK-fregat Eurydice sink, 300 sterf.
- 1882 – Robert Koch kondig die ontdekking van bakterieë aan wat verantwoordelik is vir tuberkulose (mycobacterium tuberculosis).
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Gevangene Geallieerde soldate begin die groot ontsnapping (Engels: Great Escape), toe hulle uit die Stalag Luft III, krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is, ontsnap.
- 1976 – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
- 1986 – Die Hungaroring huisves sy eerste Formule Een Grand Prixwedren.
- 1989 – Die tenkskip Exxon Valdez stort meer as 11 miljoen gelling olie in die Prince Williamsont, Alaska, wat 'n groot omgewingsramp tot gevolg het.
- 1993 – Die komeet Shoemaker-Levy 9 word in 'n wentelbaan om Jupiter ontdek.
- 1999 – 24 mense sterf in die Mont Blanc-tonnel toe 'n Belgiese vragmotor aan die brand slaan.
- 2001 – Apple Inc. stel Mac OS X weergawe 10.0 vry.
- 2008 – Bhoetan word amptelik 'n demokrasie, met sy eerste algemene verkiesing.
- 2015 – 'n Germanwings Airbus A320, vlug 9525, met 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord stort in moeilik toeganklike terrein in die Franse Alpe neer.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1607 – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal († 1676).
- 1855 – Olive Schreiner, Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele († 1920)
- 1874 – Harry Houdini, Amerikaanse toorkunstenaar († 1926).
- 1884 – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelpryswenner († 1966).
- 1887 – Roscoe Arbuckle, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer († 1933).
- 1910 – Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier († 1963).
- 1929 – Christo Coetzee, Suid-Afrikaanse skilder († 12 November 2000).
- 1930 – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur († 1980).
- 1944 – R. Lee Ermey, Amerikaanse akteur († 2018).
- 1949 – H.P. van Coller, professor in Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat, letterkundige, redakteur en digter.
- 1951 – Tommy Hilfiger, mode-ontwerper.
- 1962 – Francois Loots, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1965 – Oliver Widmer, Switserse bas-bariton operasanger.
- 1970 – Lara Flynn Boyle, Amerikaanse aktrise.
- 1973 – Jim Parsons, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1974 – Alyson Hannigan, Amerikaanse aktrise.
- 1975 – Thomas Johansson, Sweedse tennisspeler.
- 1976 – Peyton Manning, Amerikaanse NFL-ster.
- 1982 – Fourie du Preez, Suid-Afrikaanse rugbyspeler, oud-Springbok.
- 1986 – Nathalia Dill, Brasiliaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1455 – Pous Nicolaas V, die 208ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die eerste Renaissance-pous (* 1397).
- 1603 – Koningin Elizabeth I van Engeland (* 1533)
- 1866 – Jean-Baptist David, professor in Nederlands en geskiedenis aan die Katolieke Universiteit Leuven (* 1801).
- 1869 – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal (* 1779).
- 1882 – Henry Wadsworth Longfellow, Amerikaanse digter (* 1807).
- 1905 – Jules Verne, Franse skrywer van wetenskapsfiksie (* 1828).
- 1976 – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk (* 1887).
- 1993 – John Hersey, Amerikaanse outeur en joernalis (* 1914).
- 2000 – Bles Bridges, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947).
- 2007 – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland (* 1914).
- 2010 – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur (* 1915).
- 2016 – Johan Cruijff, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter (* 1947).
- 2020 – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix (* 1927).
- 2021 – Jessica Walter, Amerikaanse aktrise. (* 1941).
- 2023 – Gordon Moore, Amerikaanse sakeman en mede-stigter van Intel (* 1929).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- Argaïese Litaue – Kazimiras Diena
- Wêreld-tuberkulosedag
- Voetwassingdonderdag in Westelike Christendom (2005)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 Maart. |