Amfibie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amfibieë
'n Rooi-oog boompadda (Litoria chloris) van Oos-Australië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Superklas: Tetrapoda
Klas: Amphibia
Linnaeus, 1758
Subklasse en ordes

   Orde Temnospondyli - uitgesterf
Subklas Lepospondyli - uitgesterf
Subklas Lissamphibia
   Orde Anura
   Orde Caudata
   Orde Gymnophiona

Amfibieë is 'n groep vertebrate. Hulle vorm die klas Amphibia.

Amfibieë het vier bene en word uit eiers gebore. Hulle woon in water wanneer hulle babas is, en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is. Paddas, salamanders, en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe van die huidige amfibieë.

Amfibieë word sonder bene gebore - hulle groei dit aan terwyl hulle babas is. Wanneer hulle grootword, verander hulle van vorm. Hierdie proses staan as metamorfose bekend. Die diere verloor later hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Baba paddas en salamanders word paddavisse genoem. Hierdie diere lê tot 'n duisend eiers, gewoonlik in water of in klam plekke. Hulle eet ander diere, veral insekte.

Daar is tans omtrent 5700 spesies van amfibieë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die vroegste Tetrapoda verskyn in die laat Devoon. 'n Bekende verteenwoordiger is Ichtyostega uit Groenland, ongeveer 363 miljoen jaar oud. 'n Bietjie ouer is Elginerpeton uit Skotland van 368 miljoen jaar gelede. In die Devoon en Karboon word daar 'n groot verskeidenheid aan fossiele vorme aangetref, maar fossiele van die moderne paddas en salamanders, verskyn eers in die Jura. Die verwantskap met die ouer vorme soos die Temnospondyli en Lepospondyli is nie bekend nie.[1]

Die moderne amfibieë word gewoonlik die Lissamphibia genoem, hoewel dit moontlik is dat hierdie groep nie monofileties is nie. Op basis van genetiese en morfologiese/fossiele inligtings kan ongeveer dieselfde kladogram saamgestel word.[2]

Tetrapoda

Amniota


Lissamphibia
Stegokrotaphia

Wurmsalamanders


Batrachia
Urodela

Salamandridae



Cryptobranchoidea



Bombinanura
Archaeobatrachia

Bombina, Xenopus


Neobatrachia

Hoër paddas: Bufo, Rana






Dit tye waarop die aftakkings plaasgevind sou hê, verskil nogtans grootliks tussen die twee metodes. Die tak wat na die wurmsalamanders lei (Stegokrotaphia en Batrachia) is seker oud. Die morfologiese metode plaas dit die laat-Perm (~260 mj), die genetiese metode selfs in die Karboon (~337 mj). Die salamander/padda aftakking (Urodela en Bombinanura) is 'n bietjie jonger (254 of 308 mj).

Taksonomie[wysig | wysig bron]

  • Klas Amphibia
    • Orde Anura (Paddas)
    • Orde Caudata (Salamanders)
    • Orde Gymnophiona (Caecilians) (Wurmsalamanders, lyk nagenoeg soos wurme of slange)
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. UCMP Berkeley.
  2. Fossils, Molecules, Divergence Times, and the Origin of Lissamphibians David Marjanović, Michel Laurin, Systematic Biology 56(3) 2007, bls. 369-388