Reuters

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ingang van die Reutersgebou aan Times Square in New York.
Reuters se datasentrum in Londen.

Reuters is 'n internasionale nuusagentskap met meer as 2500 joernaliste in byna 200 lande. Hulle hoofkantoor is in Londen in die Verenigde Koninkryk.

Reuters was tot 2008 'n onafhanklike maatskappy, die Reuters Group plc, wat ook finansiële markdata verskaf het. Sedert die Thomson Corporation hulle in 2008 oorgekoop het is hulle deel van Thomson Reuters.

Reuters is op 9 Julie 1851 in Londen deur die Joodse immigrant Paul Julius Reuter gesig. Hy is uit Duitsland afkomstig en seun van die beroemde rabbie Reuter van Kassel. Hy versorg finansiële beriggewing vir beurse en beleggers in Parys, Brussel en Aken. Later versorg hy ook nie-ekonomiese nuus en open hy kantore in ander Europese lande en die Verenigde State.

In 1925 neem die nasionale Britse persburo 'n meerderheidsbelang in Reuters. Tydens die Tweede Wêreldoorlog kom die neutraliteit van die persburo as gevolg hiervan onder sterk druk. Daarna word die buro in 1941 tot 'n selfstandig maatskappy omvorm.

Reuters Media voorsien tans die gedrukte pers sowel as die oudiovisuele media van artikels en verslae. Wêreldwyd het Reuters byna 200 kantore en 17 000 werknemers. Finansiële beriggewing is steeds die nuusdiens se belangrikste fokus.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Reuters (kategorie)