Riah Phiyega

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Riah Phiyega

Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
Ampsbekleër
Termynaanvang
12 Junie 2012
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Bheki Cele

Persoonlike besonderhede
Gebore onbekend
Polokwane, Limpopo
Alma mater Nasionale Universiteit van Singapoer
Wharton-sakeskool
Universiteit van Wallis
Universiteit van Johannesburg
Universiteit van die Noorde

Mangwashi (Riah) Phiyega is tans Suid-Afrika se polisiekommissaris en die eerste vrou wat in die pos aangestel is. Sy volg Bheki Cele op nadat hy op 12 Junie 2012 deur pres. Jacob Zuma afgedank is.

Phiyega het verskeie grade en tersiêre kwalifikasies, onder ander van die National University of Singapore, die Wharton-sakeskool, die Universiteit van Wallis, die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van die Noorde.

Sy het haar loopbaan as 'n maatskaplike werker begin, was lid van die bodkomitee vir die Sokkerwêreldbeker 2010, die hoofbestuurder van hawens en korporatiewe dienste by die nasionale hawe-owerheid en voorsitter van die presidensiële hersieningskomitee oor staatsbeheerde ondernemings. Sy was ook voorheen 'n bestuurder by ABSA en die uitvoerende groephoof van korporatiewe dienste by Transnet.

Sy is tans 'n trustee van die Nelson Mandela-kinderfonds en 'n direkteur van die maatskappy Tsa Rona Investments, 'n Suid-Afrikaanse beleggingsfirma wat deur vroue besit word.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]