Robert Louis Stevenson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Robert Louis Stevenson
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Robert Louis Stevenson in 1893 deur Henry Walter Barnett

Gebore 13 November 1850
Edinburgh, Skotland
Oorlede 3 Desember 1894
Samoa
Nasionaliteit Vlag van Skotland Skotland
Beroep Skrywer

Robert Louis Stevenson (13 November 1850 – 3 Desember 1894) was 'n Skotse romansier en reisskrywer, wat veral bekend is om sy boeke Treasure Island, Kidnapped, Die Vreemde Geval van Dr Jekyll en Mnr Hyde en A Child's Garden of Verses.

Hy is gebore en het sy opvoeding ontvang in Edinburgh. Stevenson het vir die grootste deel van sy lewe aan ernstige brongiale moeilikhede gely, maar het ten spyte daarvan voortgegaan om beide wyd te skryf en te reis.

As 'n jong man was hy knaend in Londen se literêre kringe te sien, en het persone soos Andrew Lang, Edmund Gosse, Leslie Stephen en W. E. Henley hom aangemoedig. Dit word bespiegel dat laasgenoemde dalk die model voorsien het vir die karakter Long John Silver in sy boek Treasure Island. Sy reise het hom na Frankryk, Amerika en Australië geneem, voordat hy hom uiteindelik in Samoa gevestig het, waar hy oorlede is.

Hy was in sy dae 'n glanspersoonlikheid, en het beduidend negatiewe kritiek gedurende die 20ste eeu ontvang vir sy werk, alhoewel sy reputasie grootliks herstel is. Hy word tans as die 26ste mees vertaalde skrywer in die wêreld gereken.

Bronne[wysig | wysig bron]

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.