Rooiaas
Rooiaas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. stolonifera (Heller, 1878)
|
Binomiale naam | |
Pyura stolonifera |
Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n manteldier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Pyura stolonifera is 'n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort. Dit is 'n pienk tot rooierige dier omhul in 'n dik, taai, leeragtige donkerbruin mantel met 'n verrimpelde bruin bedekking. Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes.
Filtersuiers
[wysig | wysig bron]Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding. Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit. Dit het groot insuig- en uitblaassuiers met 'n effens geskulpte rand, gewoonlik naby aan mekaar geplaas.
Voorkoms en grootte
[wysig | wysig bron]Dit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater, waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei. Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse, is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer 'n brander terugtrek see in.
Bron
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0