Russiese Vloot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Russiese Vloot
Embleem van die Russiese Vloot
Embleem van die Russiese Vloot
Gestig 17 Januarie 1992
Land Rusland
Onderdeel van Gewapende Magte van die Russiese Federasie
Tipe Vloot
Spesialisasie Mariene oorlogvoering
Amfibiese oorlogvoering
Hoofkwartier Admiraliteitsgebou, Sint Petersburg
Hooftitel Bevelvoerder
Hoofnaam Admiraal Wiktor Tsjirkof
Aantal lede 133 000 (2005), insluitend seesoldate
Mars Экипаж—Одна семья
(Russies vir: "Die bemanning – een familie")
Veldslae

As Russiese Vloot:

  • 2008 Georgies-Russiese Oorlog
  • Teenseerowery-operasies in Somalië
  • 2014–15 Russiese militêre ingryping in Oekraïne

Die Russiese Vloot (Russies: Военно-морской Флот Российской Федерации (ВМФ России), Wojenno-morskoi flot Rossiiskoi Federatsii, letterlik: "Militêr-maritieme Vloot van die Russiese Federasie") is die vloottak van die Gewapende Magte van die Russiese Federasie. Die internasionale aanduiding vir die Russiese vlootskepe is "RFS" - "Russian Federation Ship".

Die Russiese Vloot in sy huidige vorm is in Januarie 1992 gestig en volg die Sowjetvloot op ná die ontbinding van die voormalige Sowjetunie teen die einde van die Koue Oorlog in Desember 1991. Die vloot as deel van die Russiese Keiserryk is aanvanklik in 1696 deur Pieter die Grote gestig.

Die Russiese Vloot besit die meeste toerusting van die voormalige Sowjetvloot en is verdeel in die Arktiese Vloot, Stille Oseaan-vloot, Swartseevloot, Oosseevloot, Kaspiese Flottielje, Vlootlugvaart, Vlootinfanterie en die Kusartillerie.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.