17 Januarie
Voorkoms
<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
17 Januarie is die sewentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 348 dae in die res van die jaar (349 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1566 – Pous Pius V word gekroon deur kardinaal Giulio Feltrio della Rovere.
- 1735 – Pous Clemens XII stel Giuseppe Spinelli, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal.
- 1800 – Opstand van rojaliste in La Vendée, Frankryk.
- 1803 – Pous Pius VII stel sewe nuwe kardinale aan waaronder Jean-de-Dieu-Raymond de Boisgelin de Cucé, aartsbiskop van Tours, Frankryk.
- 1840 – Die Republiek van die Rio Grande verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
- 1852 – Die Sandrivierkonvensie, waarvolgens Brittanje alle aansprake op mag anderkant die Vaalriver prysgee, word geteken.
- 1904 – Die laerliggende dele van Bloemfontein word na 'n hewige donderbui deur die Bloemspruit oorstroom. Sestig mense sterf en honderde is dakloos gelaat.
- 1934 – Jacobus Jonker, ’n delwer op die plaas Elandsfontein naby Pretoria, vind die vierde grootste diamant tot nog toe (ongeslyp 726 karaat), die Jonker-diamant.
- 1946 – Die Sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in Church House in Londen.
- 1961 – Patrice Lumumba, die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, sterf in 'n sluipmoordaanval in Katanga.
- 1991 – Irak: Operasie Desert Storm begin.
- 1994 – Die Northridge-aardbewing skud die Amerikaanse stad Los Angeles, Kalifornië op Martin-Luther-King-dag.
- 1995 – Groot Hansjin-aardbewing: 'n Aardbewing wat 7,2 op die Richterskaal registreer, vind naby Kobe, Japan, plaas met meer as 6 000 dood en meer as $100 miljard se skade aan eiendom.
- 2002 – Demokratiese Republiek van die Kongo: Die vulkaan Nyiragongo kom tot uitbarsting.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1463 – Frederik III van Sakse, Keurvors van Sakse († 1525).
- 1504 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) († 1572).
- 1600 – Pedro Calderón de la Barca, Spaanse dramaturg († 1681).
- 1637 – Robert Fludd, Britse-natuurkundige, astroloog en mistikus († 1637).
- 1706 – Benjamin Franklin, Amerikaanse politikus en wetenskaplike († 1790).
- 1820 – Anne Brontë, Engelse skryfster (* 1849).
- 1834 – August Weismann, bioloog, grondlegger van erflikheidsleer († 1914).
- 1835 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer († 1902).
- 1895 – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder († 1985).
- 1899 – Al Capone, Amerika se bekendste Chicago-gangster († 1947).
- 1922 – Betty White, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2021).
- 1923 – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise († 2007).
- 1927 – Solly Ozrovech, predikant en skrywer van Christelike boeke († 2015).
- 1927 – Eartha Kitt, Amerikaanse sangeres, danseres en aktrise († 2008).
- 1931 – James Earl Jones, Amerikaanse akteur († 2024).
- 1933 – Dalida, Franse sangeres en aktrise († 1987).
- 1940 – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay († 2020).
- 1942 – Muhammad Ali, voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen († 2016).
- 1948 – Mick Taylor, Britse sanger en liedjieskrywer (The Rolling Stones).
- 1957 – Susanna Hoffs, Amerikaanse sangeres (The Bangles).
- 1962 – Jim Carrey, Amerikaanse akteur.
- 1964 – Michelle Obama, voormalige Amerikaanse presidentsvrou.
- 1968 – Ilja Leonard Pfeijffer, Nederlandse digter, romansier, polemikus en klassikus.
- 1978 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant († 2016).
- 1986 – Max Adler, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 395 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk (* 347).
- 1598 – Fjodor I van Rusland, tsaar van Rusland (* 1557).
- 1751 – Tomaso Albinoni, Venesiese komponis (* 1671).
- 1893 – Rutherford B. Hayes, Amerikaanse staatsman, president van die Verenigde State (* 1822).
- 1900 – Ds. Philip Snyman, predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1859).
- 1931 – Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland, seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (* 1864).
- 1942 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër (* 1884).
- 1961 – Patrice Lumumba, Kongolese staatsman, premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo (* 1925).
- 1962 – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter (* 1905).
- 1997 – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het (* 1906).
- 1991 – Olaf V van Noorweë (* 1903).
- 2005 – Virginia Mayo, Amerikaanse aktrise (* 1920).
- 2005 – Zhao Ziyang, Chinese politikus, premier van die Volksrepubliek China (* 1919).
- 2008 – Bobby Fischer, Amerikaanse skaakspeler (* 1943).
- 2012 – Johnny Otis, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1921).
- 2018 – Roy Bennett, Zimbabwiese politikus (* 1957).
- 2023 – Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres (* 1936).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 January. |