Ruth Prawer Jhabvala

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ruth Prawer Jhabvala
Geboortenaam Ruth Prawer
Gebore 7 Mei 1927
Keulen, Duitsland
Oorlede 3 April 2013
New York, Verenigde State
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep Romanskrywer en draaiboekskrywer
Bekend vir Merchant Ivory draaiboeke
Eerbewyse Booker-prys 1975
MacArthur Fellowship 1984
Oscar-toekenning vir beste verwerkte draaiboek 1987, 1993
CBE 1998
Huweliksmaat Cyrus Jhabvala

Ruth Prawer Jhabvala (7 Mei 19273 April 2013) was 'n Duits-gebore Engelse en Amerikaanse skrywer van romans, kortverhale en draaiboeke. Sy is veral bekend vir haar samewerking met die rolprentgeselskap Merchant Ivory Productions. Sy het die Booker-prys in 1975 gewen vir haar roman Heat and Dust, asook twee Oscar-toekennings vir beste verwerkte draaiboek in 1987 en 1993 onderskeidelik, vir die films A Room With A View en Howards End. In 1985 is sy gekies vir 'n MacArthur Fellowship.