Ryksdaalder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die ryksdaalder was 'n Nederlandse muntstuk wat tydens die era van die Nederlandse handelsryk in groot dele van die wêreld gebruik is. Die Engelse woord dollar is hiervan afgelei.

Suid-Afrika se geldeenheid het in die vroeë dae ooreengestem met dié van die wêreld se seemoondhede. Die Spaanse reaal is een van die eerste munte wat aan die Kaap die Goeie Hoop gebruik is, toe Spanje nog oor die see geheers het. Dit was ook die geldeenheid waarmee die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in sy vroeëre bestaan handel gedryf het. Dit is gevolg deur die Nederlandse gulden en later deur papierriksdaalders of ryksdaalders. Albei is gevolg deur die Britse pennies en silwer munte. Die papierriksdaalder, wat 59 jaar lank aan die Kaap in omloop was, is in 1841 deur sterling silwer vervang. Die nuwe geldstelsel was weldra so stewig gevestig dat dit 'n oplewing in die bankwese en die finansiële lewe aan die Kaap meegebring het.

Bronnelys[wysig | wysig bron]