Süddeutsche Zeitung

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Suddeutsche Zeitung 090520 M.jpg

Süddeutsche Zeitung (afkorting: SZ, Duits: Suid-Duitse Koerant; uitspraak: [ˈzyːtˌdɔʏtʃə ˈtsaɪtʊŋ]) is 'n Duitse gehaltedagblad wat deur die uitgewery Süddeutscher Verlag in München uitgegee en landwyd versprei word. Naas verslaggewing oor gebeure in München en die deelstaat Beiere dek dit ook nasionale en internasionale nuus en word dit onder die belangrikste meningsvormende dagblaaie in Duitsland gereken. As sulks is dit in 1945 deur die destydse Amerikaanse besettingsmoondheid se Information Control Division gelisensieer. In die eerste kwartaal van 2017 was dit die grootste Duitse gehaltedagblad en die tweede grootste nasionale koerant (naas die poniedagblad Bild) met 365 938 verkoopte eksemplare.[1]

Sedert 29 Februarie 2008 is 81,25 persent van die uitgewery Süddeutscher Verlag in besit van die houermaatskappy Südwestdeutsche Medien Holding (SWMH) met sy setel in Stuttgart.

Verwysings[wysig | wysig bron]