SV Bonlanden
Volledige naam | Sportverein Bonlanden e.V. |
Stigtingsdatum | 4 Augustus 1895 |
Tuisveld | Stadion an der Humboldtstraße, Filderstadt |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
SV Bonlanden is 'n sportklub uit Filderstadt in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Bonlanden is 'n stadsdeel van Filderstadt.
Die klub TV Bonlanden is op 4 Augustus 1895 gestig en het in 1930 'n sokkerafdeling gevestig. In 1933 het die klub met FC Pfeil (gestig in 1921) saamgesmelt onder impuls van die Derde Ryk as Turngemeinde Bonlanden. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 7 September 1945 heropgerig as Sportverein Bonlanden.
Die klub se beste jaar was 1996: behalwe dat die klub vir die eerste keer promosie na die Oberliga gekry het, het die klub ook vir die eerste keer (en enigste tot dusver) vir die hoofrondte van die DFB-Pokal gekwalifiseer, waar daar in die eerste rondte eers na ekstra tyd met 2-4 teen VfL Bochum verloor is.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|