Gaan na inhoud

SV Halstenbek-Rellingen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
SV Halstenbek-Rellingen

Volledige naam Spielvereinigung Halstenbek-
Rellingen e.V.
Stigtingsdatum 1910
Tuisveld Jacob Thode-Platz,
Halstenbek
Kapasiteit 2 500
Kompetisie Oberliga Hamburg

SV Halstenbek-Rellingen is 'n sportklub uit Halstenbek in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Die klub bedien ook die buurdorp Rellingen. Behalwe sokker het die klub ook 'n tennis-afdeling.

Die klub se eerste voorganger was die Turn- und Spielverein Halstenbek, wat in 1910 gestig is. Die klub het in 1920 met Rellinger Sportverein (gestig in 1913) saamgesmelt onder die huidige naam. Die klub het later met FC Pinneberg saamgesmelt en vir 'n jaar lank as SC Schauenburg bekend gestaan, waarna die huidige naam weer aangeneem is.

Die klub het in 2005 die eindstryd van die Hamburg-Pokal gehaal, maar met 1-2 verloor. Die eerste rondte van die DFB-Pokal is dus met 'n haarbreedte gemis.

Die klub se tennis-afdeling ding in die 2. Bundesliga Noord mee (status:2009).

Onlangse ligaposisionering

[wysig | wysig bron]
  • 1988-89 (VII) Bezirksliga 1ste
  • 1989-90 (VI) Landesliga Hammonia 10de
  • 1990-91 (VI) Landesliga Hammonia 6de
  • 1991-92 (VI) Landesliga Hammonia 1ste
  • 1992-93 (V) Verbandsliga Hamburg 13de
  • 1993-94 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 1994-95 (IV) Oberliga Hamburg 8ste
  • 1995-96 (IV) Oberliga Hamburg 6de
  • 1996-97 (IV) Oberliga Hamburg 9de
  • 1997-98 (IV) Oberliga Hamburg 7de
  • 1998-99 (IV) Oberliga Hamburg 15de
  • 1999-00 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 2000-01 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 2001-02 (V) Verbandsliga Hamburg 7de
  • 2002-03 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Hamburg 10de
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Hamburg 2de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Hamburg 3de
  • 2006-07 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 2007-08 (V) Verbandsliga Hamburg 8ste
  • 2008-09 (V) Oberliga Hamburg 14de
  • 2009-10 (V) Oberliga Hamburg

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen

Altona 93 - HSV Barmbek-UhlenhorstASV Bergedorf 85TSV Buchholz 08
SV Curslack-Neuengamme – SV Halstenbek-Rellingen – SC Concordia von 1907
SC Condor HamburgSC Victoria HamburgSV LurupUSC Paloma HamburgVfL Lohbrügge
Meiendorfer SVNiendorfer TSVFC Eintracht NorderstedtOststeinbeker SVTSV UetersenWedeler TSV