TSV Buchholz 08
Volledige naam | Turn- und Sportverein Buchholz von 1908 e.V. |
Stigtingsdatum | 1908 |
Tuisveld | Otto Koch-Kampfbahn, Buchholz in der Nordheide |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
TSV Buchholz 08 is 'n sportklub uit Buchholz in der Nordheide in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub afdelings vir onder meer gimnastiek, handbal, hokkie, dans, swem, tennis, tafeltennis, pilates, joga, boks, ballet en vlugbal.
Die huidige klub het in die laat 1930’s ontstaan uit die samesmelting van MTV Buchholz (gestig in 1908) en BSV Buchholz (gestig in 1921). Die klub het 'n ondersteunersklub genaamd Heidefighter.
Die klub se beste onlangse prestasie was om 5de te eindig in die Oberliga Hamburg in 2009. Buchholz is 'n redelik algemene pleknaam in Duitsland en die klub word soms verwar met ander TSV Buchholz'e elders.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |