in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Meiendorfer SV
Volledige naam
Meiendorfer Sportverein von 1949 e.V.
Stigtingsdatum
17 Junie 1949
Tuisveld
Stadion Meiendorf, Hamburg
Kapasiteit
2 500
Kompetisie
Oberliga Hamburg
Meiendorfer SV is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland , veral bekend vir sy sokkerafdeling . Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal , ballet , basketbal , handbal , hapkido , judo , karate , gimnastiek , atletiek , qigong , dans , tafeltennis , vlugbal en joga . Meiendorf is 'n wyk van die oostelike Hamburgse stadsdeel Rahlstedt en was tot 1927 'n onafhanklike dorp.
Die klub is op 17 Junie 1949 as 'n suiwer sokkerklub gestig. Die klubtrui was aanvanklik swart met 'n geel kenteken, maar aangesien skeidsregterstruie destyds altyd swart was, het die klub later op geel truie met 'n swart kenteken besluit.
Die klub het sy grootste prestasie in 1988 behaal toe hy die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal het. Die klub is toe in die eerste rondte deur OT Bremen met 1-0 uitgeskakel.
1970-71 (V) Amateurliga Hammonia 5de
1971-72 (V) Amateurliga Hammonia 4de
1972-73 (V) Amateurliga Hammonia 7de
1973-74 (V) Amateurliga Hammonia 12de
1974-75 (V) Amateurliga Hammonia 11de
1975-76 (V) Landesliga Hansa 12de
1976-77 (V) Landesliga Hansa 11de
1977-78 (V) Landesliga Hansa 6de
1978-79 (V) Landesliga Hansa 5de
1979-80 (V) Landesliga Hansa 8ste
1980-81 (V) Landesliga Hansa 9de
1981-82 (V) Landesliga Hansa 11de
1982-83 (V) Landesliga Hansa 1ste
1983-84 (IV) Verbandsliga Hamburg 6de
1984-85 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de
1985-86 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de
1986-87 (IV) Verbandsliga Hamburg 5de
1987-88 (IV) Verbandsliga Hamburg 1ste
1988-89 (IV) Verbandsliga Hamburg 7de
1989-90 (IV) Verbandsliga Hamburg 8ste
1990-91 (IV) Verbandsliga Hamburg 8ste
1991-92 (IV) Verbandsliga Hamburg 9de
1992-93 (IV) Verbandsliga Hamburg 11de
1993-94 (IV) Verbandsliga Hamburg 13de
1994-95 (V) Verbandsliga Hamburg 2de
1995-96 (IV) Oberliga Hamburg-SH 15de
1996-97 (V) Verbandsliga Hamburg 6de
1997-98 (V) Verbandsliga Hamburg 10de
1998-99 (V) Verbandsliga Hamburg 14de
1999-00 (VI) Landesliga Hansa 5de
2000-01 (VI) Landesliga Hansa 1ste
2001-02 (V) Verbandsliga Hamburg 1ste
2002-03 (IV) Oberliga Hamburg-SH 6de
2003-04 (IV) Oberliga Hamburg-SH 4de
2004-05 (IV) Oberliga Noord 13de
2005-06 (IV) Oberliga Noord 17de
2006-07 (V) Verbandsliga Hamburg 2de
2007-08 (V) Verbandsliga Hamburg 2de
2008-09 (V) Oberliga Hamburg 4de
2009-10 (V) Oberliga Hamburg