San Cristóbal de La Laguna
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Spanje |
Outonome Gemeenskap | Kanariese Eilande |
Koördinate | 28°29′N 16°18′W / 28.483°N 16.300°W |
Gestig op | 27 Julie 1496 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 102,6 vk km |
Hoogte bo seevlak | 543 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 150 661 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 500 vk/km |
Tydsone | UTC +0 (WET) |
- Somertyd | UTC +1 (WEST) |
Burgemeester | Fernando Clavijo (Coalición Canaria) |
Amptelike Webwerf | aytolalaguna.com |
San Cristóbal de La Laguna is 'n stad geleë op die eiland Tenerife (Kanariese Eilande). Die stad het in 2009 'n bevolking van 150 661 gehad. Die ou stad is in 1999 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Dit is die tweede grootste stad van die eiland Tenerife, na die stad van Santa Cruz de Tenerife, waarmee dit 'n metropolitaanse gebied vorm. Dit is ook die derde grootste stad van die Kanariese Eilande, ná Santa Cruz de Tenerife en Las Palmas de Gran Canaria.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In tye van die inheemse Guanchen was dit 'n plek van 'n groot poel wat heilig vir die inheemse bevolking was.
Die stad is in 1496 deur Alonso Fernández de Lugo gestig en was die voormalige hoofstad van die Kanariese argipel tussen die sewentiende en agtiende eeu, totdat die hoofstad verskuif is na die naburige stad Santa Cruz de Tenerife.
Die stad se koloniale styl was die presedent vir groot Latyns-Amerikaanse stede soos Lima, Havana, Cartagena en San Juan. Die stad huisves die Universidad de La Laguna, die oudste universiteit van die Kanariese Eilande. Die stad is ook die hoofkwartier van die Bisdom van San Cristóbal de La Laguna (ook genoem Bisdom van Tenerife), die plaaslike Rooms-Katolieke bisdom wat nie net die eiland Tenerife maar ook die provinsie Santa Cruz de Tenerife (La Palma, La Gomera, El Hierro en Tenerife) omvat. Die hoofkantoor is die Katedraal van San Cristobal de La Laguna.
Die ou stad is in 1999 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie San Cristóbal de La Laguna.
- (es) Amptelike webwerf