Saransk
Voorkoms
Saransk Саранск Саранош Саран ош | |
---|---|
Stad | |
Die ligging van Mordowië in Rusland | |
Koördinate: 54°11′N 45°11′O / 54.183°N 45.183°O | |
Land | Rusland |
Republiek | Mordowië |
Stigting | 1641 |
Stadstatus | 1780 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Pjotr Toeltajef |
Oppervlak | |
• Totaal | 383 km2 (148 vk. myl) |
Hoogte | 160 m (520 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 318 841 |
• Digtheid | 780/km2 (2 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK) |
Webwerf | adm-saransk.ru |
Saransk (Russies: Сара́нск; Moksja: Саранош; Erzja: Саран ош) is die hoofstad van die Republiek van Mordowië, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is in die opvanggebied van die Wolga-rivier geleë, by die samevloei van die Saranka- en die Insar-rivier, 630 km oos van Moskou. Die bevolking in 2018 was 318 841. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (ru) Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Saransk.
- (en) Toerisme-inligting oor Saransk op Wikivoyage
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia