Gaan na inhoud

Sherwin B. Nuland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sherwin B. Nuland
Gebore8 Desember 1930
Sterf3 Maart 2014
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepSkrywer, snydokter

Sherwin Bernard Nuland[1] (gebore as Shepsel Ber Nudelman; 8 Desember 1930 – 3 Maart 2014) was 'n Amerikaanse snydokter en skrywer wat bio-etiek, geskiedenis van medisyne, en medisyne gedoseer het by die Yale Skool van Medisyne (hy doseer ook soms ook bio-etiek en geskiedenis van medisyne by Yale-kollege). Sy 1994 boek How We Die: Reflections on Life's Final Chapter was 'n New York Times topverkoper en het die Nasionale Boekprys vir Nie-fiksie gewen,[2] en was ook 'n finalis vir die Pulitzerprys. In 2011 was die Jonathan Rhoads Gouemedalje van die Amerikaanse Filosofiese Genootskap aan Nuland toegeken vir “Uitsonderlike Diens aan Medisyne.”[3]Nuland het nie-akademiese artikels vir die The New Yorker, The New York Times, The New Republic, Time, MIT Technology Review en die New York Review of Books geskryf. Hy was 'n genoot van die Hastings Sentrum, synde 'n onafhanklike bio-etiek navorsingsinstituut.[4]Nuland het op 3 Maart 2014 by sy huis in Hamden, Connecticut aan prostaatkanker beswyk.[5]

Boeke

[wysig | wysig bron]
  • Doctors: The Biography of Medicine (New York: Knopf, 1988) ISBN 0-679-76009-1
  • Medicine: The Art of Healing (New York: Hugh Lauter Levin Associates, Ing. Versprei deur Macmillan, 1992) ISBN 0-88363-292-6
  • How We Die: Reflections on Life's Final Chapter (New York: Knopf: Versprei deur Random House, 1994) ISBN 0-679-41461-4
  • The Wisdom of the Body (New York: Knopf, 1997) ISBN 0-679-44407-6
  • How We Live (New York: Vintage Books, 1998) [oorspronklik gepubliseer as The Wisdom of the Body in 1997] ISBN 0-09-976761-9
  • Leonardo Da Vinci (Penguin Lives) (New York: Viking, 2000) ISBN 0-670-89391-9
  • The Mysteries Within: A Surgeon Explores Myth, Medicine, and the Human Body (New York: Simon & Schuster, 2000) ISBN 0-684-85486-4
  • The Doctors' Plague: Germs, Childbed Fever and the Strange Story of Ignac Semmelweis (New York: W.W. Norton, 2003) ISBN 0-393-05299-0
  • Lost in America: A Journey with My Father (New York: Knopf: Versprei deur Random House, 2003) ISBN 0-375-41294-8
  • Maimonides (Jewish Encounters) (New York: Nextbook: Schocken, 2005) ISBN 0-8052-4200-7
  • The Art of Aging: A Doctor's Prescription for Well-Being (New York: Random House, 2007) ISBN 1-4000-6477-5
  • The Uncertain Art: Thoughts on a Life in Medicine (New York: Random House, 2008) ISBN 1-4000-6478-3
  • The Soul of Medicine (New York: Kaplan Publishing, 2009) ISBN 1-60714-055-1

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Yale Skool van Medisyne biografie-blad Geargiveer op Wayback Machine
  2. "National Book Awards – 1994". National Book Foundation. Opgespoor 2012-03-24.
  3. "Sherwin Nuland | Branford College" (in Engels). Branford.yalecollege.yale.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019. Besoek op 17 Desember 2015.
  4. The Hastings Center Geargiveer 9 Mei 2016 op Wayback Machine Hastings Center Fellows. Opgespoor 2010-11-06.
  5. Sherwin B. Nuland, How We Die Outeur, Sterf op 83. The New York Times.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]