Sjebellerivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sjebellerivier
'n Ruimtevaarder se foto van besproeiing aan die Sjebellerivier.
'n Ruimtevaarder se foto van besproeiing aan die Sjebellerivier.
Jubbarivermap.png
Die stroomgebied van die Sjebellerivier.
Oorsprong Saamvloei van Ganale Doria en Dawarivier naby Dolow, Ethiopië
Ethiopiese Hoogland
Monding naby Kismaayo, Somalië
Indiese Oseaan
Stroomgebied Ethiopië en Somalië
Lengte 1 820 km
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 68 ³/s[1]
Stroomgebiedopp. 336 627 km²[2]

Die Sjebellerivier (Amharies: ሸበሌ ወንዝ Šäbälle wänz, Somalies: Webi Shabeelle, Italiaans: Uebi Scebeli) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van minstens 1 820 km een van die langste riviere aan die Horing van Afrika en die grootste sytak van die Joebarivier.[3] Sjebelle beteken in Somalies Luiperd.

Nasa-Satellietbeelde van die Sjebellerivier in Ethiopië en Suid-Somalië voor en tydens oorstromings in 2005

Die Sjebellerivier ontspring in die Ethiopiese Hoogland en sy bron word deur die Sidama asook van die Arsi-Oromo as heilig vereer.[4] Die rivier vloei aansluitend in oostelike en later in suidoostelike rigting deur die Ethiopiese Somali-streek Ogaden. Na omtrent die helfte van sy verloop bereik die Sjebellerivier die grens tot Somalië. Na 'n langwerpige regs-boog vloei die rivier net noord aan die hoofstad Mogadisjoe verby, maar bereik nie die stad nie. Aansluitend vloei die Sjebellerivier parallel tot die kus van die Indiese Oseaan in suidwestelike rigting, waar die rivier die meeste tyd van die jaar in die moeras insypel. Naby Kismaayo, Somalië, mond die Sjebellerivier in die Joebarivier uit, net voordat dit in die Indiese Oseaan uitmond. Die Sjebellerivier is soms ook langer as die Joebarivier, veral tydens reënryke jare.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Afloop naby Belet Uen
  2. (en) Watersheds of the World
  3. 1 100 km volgens (en) Climate, 2008 National Statistics (Abstract), Table A.1.)
    2 488 km volgens (it) (Caterina Madau, Gavino Mariotti: Vie fluviali, tematismo privilegiato nella cartografia degli esploratori italiani dell'Africa Orientale: tra proposte, polemiche, informazione, 2004)
  4. (en) J. Spencer Trimingham: Islam in Ethiopia, Geoffrey Cumberlege for the University Press, Oxford 1952, bl. 260

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]