Sjoerd Soeters
Voorkoms
Sjoerd Soeters | |
---|---|
Gebore | 2 Augustus 1947 |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | argitek |
Bekend vir | De Piramides Java-eiland in Amsterdam Inverdan in Zaandam Susenholmen in Kopenhagen |
Sjoerd Soeters (2 Augustus 1947) is 'n Nederlandse argitek.
Soeters is gebore te Nes (Ameland), as seun van 'n dominee. Van 1966 tot 1975 studeer hy boukunde aan die Technische Hogeschool Eindhoven. Daarna werk hy by die argitekspraktyk VDL in Amsterdam. In 1979 rig hy met sy eggenote, Merle Stefels, in Amsterdam 'n argitekspraktyk op. Die argitekte Jos van Eldonk en Dana Ponec het intussen ook by die praktyk aangesluit.
Vanaf 1990 was Soeters toesighouer vir diverse bouprojekte, waaronder Java-eiland in Amsterdam en Haverleij in Den Bosch waarvoor hy die stadsbeplanning uitgevoer het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Soeters Van Eldonk Ponec argitekte Geargiveer 1 Desember 2005 op Wayback Machine