Lewer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lewer vanaf die rugkant.
Lewer van bokant gesien.
Lewer van onder.

Die lewer is een van die essensiële organe van diere. Dit lê regs onder die diafragma en word beskerm deur die onderste ribbes.

Bou[wysig | wysig bron]

Die lewer is die grootste klier in die menslike liggaam. Ook is dit naas die vel, die grootste orgaan. Die lewer van 'n volwassene weeg tussen 1,5 en 1,8 kg en is sowat 20 cm breed.

Funksie[wysig | wysig bron]

Funksies sluit in:

  1. Die omskakeling van glukose na en van glikogeen
  2. Glukoneogenese (Omskakeling van aminosure, laktaat, gliserol na glukose)
  • Metabolisme van proteïene
  1. Produksie van aminosure, algemene proteïene soos albumien en ook meer komplekse proteïene insluitend sekere hormone
  2. Afbraak van hemoglobien en verskeie ander proteïene
  • Metabolisme van vette
  1. Produksie van cholesterol en trigliseriede
  • Stoor van verskeie substansies o.a. glikogeen
  • Produksie van gal wat help met die emulsifisering en absorpsie van vette
  • Detoksifikasie (ontgiftiging) en afbraak van verskeie chemiese verbindings

Hepatologie[wysig | wysig bron]

Hepatologie is die afdeling binne die geneeskunde wat onder gastroënterologie val. Dit bestudeer die siektes van die lewer, galblaas en galbuise.

Afwykings van die lewer sluit in Hepatomegalie en Akute hepatiese porfirie

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]