Slag van Helvetia
Slag van Helvetia | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Oranje-Vrystaat Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Majoor Cotton | Ben Viljoen, Chris Muller | ||||||
Sterkte | |||||||
350 | 350 | ||||||
Ongevalle | |||||||
11 gesneuweldes 29 gewond 253 gevange geneem |
3 gesneuweldes 5 gewond |
Die Slag van Helvetia het op 29 Desember 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind by Helvetia, 10km noord van Machadodorp. Hier het die Boeremagte onder leiding van generaals Ben Viljoen en Chris Muller 'n oorwinning oor die Britse Magte, onder leiding van Majoor Cotton, behaal. Die Boere mag was 350 man en die Britse mag 350 man sterk en die Britte het een kanon van 120mm tot hulle beskikking gehad.
Die Slag
[wysig | wysig bron]Vroeg die oggend van 29 Desember het die Boere die kamp van Cotton gelyktydig uit die ooste en die weste aangeval. Die Britte was houtgerus en het nie wagte uitgeplaas nie. Die Boere het die kamp in die donker bereik en die Britte in hulle pajamas gevang. Die Britte het gou oorgegee. Boere verliese was drie gesneuweldes en vyf gewond terwyl die verliese aan Britse kant elf gesneuweldes en 29 gewondes, onder andere ook Majoor Cotton, was. Die Boere het ook 235 Britse soldate gevange geneem. Hulle het ook die kanon gebuit. Na die slag het die Boere alle voorrade verbrand en toe gevlug nadat hulle verneem het dat 'n groot Britse mag op pad was.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Grobler, J.E.H.: The War Reporter. Jonathan Ball Publishers. 2004. ISBN 978-1-86842-186-2. In Engels.
- Pakenham, Thomas (1979). The Boer War (in Engels). New York: Random House. ISBN 0-394-42742-4 – via archive.org.. Bladsij 493. Viljoen verras Britse garnisoen by Helvetia, Oos-Transvaal.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amery, Leo S. "Chapter IV Nooitgedacht and the Transvaal Outbreak (Dec. 1900—Jan. 1901) [in:] The Times history of the war in South Africa 1899-1902". angloboerwar.com. David Biggins. Besoek op 29 November 2023.
- Bennett, Jenny (20 Julie 2010). "The capture of the "Lady Roberts"". streamsandforests.wordpress.com (in Engels). Besoek op 29 November 2023.
- Joubert, Mariette (7 Oktober 2019). "Slag van Helvetia op 29 Des 1900 tussen Machadodorp en Nelspruit Monumente, Gedenktekens en Interessanthede Suid-Afrika". facebook.com. Besoek op 29 November 2023.
- Penning, Louwrens (1903). "De Overrompeling van Helvetia.(28 December 1900.). [In:] De oorlog in Zuid-Afrika. De strijd tusschen Engeland en de verbonden Boeren-republieken Transvaal en Oranje-Vrijstaat in zijn verloop geschetst. Deel 3". dbnl.org (in Nederlands). DBNL digitale bibliotheek voor de Nederlandse letteren. Besoek op 29 November 2023.
- Pretorius, Fransjohan (29 Desember 2021). "Die aanval op Helvetia op 29 Desember 1900". netwerk24.com. Die Burger. Besoek op 29 November 2023.
- Viljoen, B. J. (1902). "Aanval op Helvetia. Mijne herinneringen uit den Anglo-Boeren-oorlog [bladsij 178]". dbnl.org (in Nederlands). DBNL digitale bibliotheek voor de Nederlandse letteren. Besoek op 29 November 2023.