Slag van Waterberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Slag by Waterberg
Deel van die Herero Oorloë
Surviving Herero.jpg
Oorlewende Herero's wat deur die woestyn van Omaheke ontsnap het.
Datum 11 Augustus 1904
Ligging 20°31′0″S 17°14′0″O / 20.51667°S 17.23333°O / -20.51667; 17.23333Koördinate: 20°31′0″S 17°14′0″O / 20.51667°S 17.23333°O / -20.51667; 17.23333
Waterberg, Duits-Suidwes-Afrika
Resultaat Beslissende Duitse oorwinning
Strydende partye
Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk Herero's
Bevelvoerders
Vlag van Duitse Keiserryk Luitenant-generaal Lothar von Trotha Samuel Maharero
Sterkte
2 000 3 500 - 6 000 krygers met hul families
Ongevalle
26 gedood, 60 gewond Onbekend, maar hoog

Die Slag van Waterberg het op 11 Augustus 1904 by Waterberg in Duits-Suidwes-Afrika (die hedendaagse Namibië) plaasgevind. Dit was die beslissende geveg in die Duitse veldtog teen die Herero's.

Die Duitse magte was onder die bevel van luitenant-generaal Lothar von Trotha met net meer as 1 500 soldate.[1][2] Hulle was bewapen met 1 625 gewere, 30 kanonne en 14 masjiengewere. Die Herero's, daarteenoor, was onder die bevel van Samuel Maharero. Hulle het 3 500 tot 6 000 krygers en hulle families bymekaargebring, met die verwagting dat vredesonderhandelinge sou plaasvind.[1][2] Die geskatte aantal Herero's in die gebied was tussen 25 000 en 50 000. Die res was met hulle tradisionele wapens bewapen.

Tydens die geveg is die Herero's verslaan en is hulle die woestyn van Omaheke ingedryf waar die meeste van hulle weens dors omgekom het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Irwing, Keith (red.). "The Battle of Waterberg, part 1". namibia-1-on-1.com. Besoek op 25 Junie 2013. 
  2. 2,0 2,1 Irwing, Keith (red.). "The Battle of Waterberg, part 2". namibia-1-on-1.com. Besoek op 25 Junie 2013. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]