Slak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Slakke
Tydperk: 511–0 m. jaar gelede
Cypraea chinensis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Mollusca
Klas: Gastropoda
Cuvier, 1797
Subklasse

Caenogastropoda
Eogastropoda
Orthogastropoda

Slakke of buikpotiges (Gastropoda) is 'n klas diere wat aan die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Dit is die grootste klas in dié orde. Twee derdes van die spesies word in mariene omgewings aangetref, maar sommige word ook in varswater en op land aangetref. Slakke kan in twee groepe verdeel word: slakke met doppe en naakslakke. Slakke het 'n dop terwyl naakslakke 'n klein dop of 'n interne dop het. Die meeste slakke het 'n duidelike kop waar die en sensor tentakels is. Die kop vloei in die lyf in wat 'n voet het aan die onderkant. Hulle vreet plante en diere, lewend of dood met 'n raspertong wat bekend staan as 'n radula. By party spesies verskil die geslagte terwyl ander hermafrodities is. Almal lê eiers waaruit larwes uitbroei.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]