Eukarioot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eukaryotes
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Whittaker & Margulis,1978
Koninkryke
Animalia – Diere
Plantae – Plante
Alternative phylogeny

Eukariote is lede van die domein Eukaryota: organismes wat organelle binne-in die sel bevat, soos die selkern, golgi-apparaat, mitochondrion en in plante, chloroplaste. Die domein bevat alle plante, diere, alge, swamme en protiste.

In taksonomie word eukariote beskou as een van die drie biologiese domeine waarin lewe verdeel kan word. Die ander twee domeine, Archaea en Bacteria', word saam "prokariote" genoem.