Solwezi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Solwezi
Ligging van Solwezi op 'n kaart (Zambië)
Solwezi
Solwezi
Koördinate: 12°11′0″S 26°24′0″O / 12.18333°S 26.40000°O / -12.18333; 26.40000Koördinate: 12°11′0″S 26°24′0″O / 12.18333°S 26.40000°O / -12.18333; 26.40000
Land Vlag van Zambië Zambië
Provinsie Westelike provinsie
Hoogte 1 235 m (4 052 vt)
Bevolking (2000)
 - Dorp 65 000
Tydsone SAST (UTC+2)

Solwezi is 'n dorp in die noordweste van Zambië en ondanks sy geskatte bevolking van net 5 949 in 2009[1] die Noordwestelike Provinsie se hoofstad.

Die dorp verleen sy naam aan een van Zambië se agt Rooms-Katolieke bisdomme wat in 2004 uit 67 048 lidmate bestaan het, oftewel amper 10% van die inwoners van die bisdom – heelwat minder as die landswye gemiddeld van 28% Katolieke.[2] 'n Satellietkampus van die Universiteit van Zambië was veronderstel om tot onafhanklike universiteit te ontwikkel, maar die plan is nooit uitgevoer nie.[3][4]

Die beste manier om Solwezi te bereik is per pad uit die Koperstreek,[5] 173 km van Chingola af. Dit is 'n bedrywige dorp met vulstasies, banke en winkels vir basiese voorrade. Hier is selfs 'n winkel (in Independencelaan) van die Suid-Afrikaanse kruidenier Shoprite.[6] Die Changa Changa Hotel bied redelike verblyf.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]