Soweto-strykkwartet
Voorkoms
Soweto-strykkwartet Soweto String Quartet | |
---|---|
Die Soweto-strykkwartet tydens 'n optrede in Ruimsig se Botaniese tuin in Johannesburg. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Soweto (Suid-Afrika) |
Genres | Kwêla, Mbaqanga, Jazz, Pop |
Jare aktief | ~1994 — nou |
Webwerf | sowetostringquartet.co.za |
Lede | Reuben Khemese Makhosini Mnguni Sandile Khemese Thami Khemese |
Die Soweto-strykkwartet (Engels: Soweto String Quartet) is 'n strykkwartet vanuit Soweto in Suid-Afrika wat bestaan uit: Reuben Khemese, Makhosini Mnguni, Sandile Khemese en Thami Khemese.
Hulle begin in 1992 om voltyds op te tree nadat hulle op President Mandela se inhuldiging gespeel het, waarna Mandela hulle vir hul werk geprys het. Hulle musiek is 'n kombinasie van kwêla, Mbaqanga, Afrika-Jazz met klassieke invloede.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Hul debuutalbum Zebra Crossing, wat in 1994 uitgereik is, het 'n sensasie veroorsaak toe dit in 1995 die SAMA-prys gewen het vir beste nuweling, beste instrumentale album en beste popalbum van die jaar.[1]
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Zebra Crossing (1994)
- Renaissance (1996)
- Millennia (1998)
- Rhythms of Africa (1999)
- Four (2001)[2]
- Our World (2003)
- A Soweto String Quartet Christmas (2006)
- Collections (2007)
- Speel Afrikaanse Treffers (2007)
- Speel Afrikaanse Treffers, Vol. 2 (2013)
- Plays Gospel (2014)[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Mojapelo, Max; Galane, Sello (2008). Beyond Memory: Recording the History, Moments and Memories of South African Music (1st uitg.). Somerset-Wes: African Minds. p. 134. ISBN 978-1-920299-28-6.
- ↑ "Discogs: Soweto String Quartet Discography" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2016. Besoek op 29 Maart 2017.
- ↑ "Soweto String Quartet – Albums". Besoek op 7 April 2017.