Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Swartland"

Jump to navigation Jump to search
k
-verdubbelde woord
k (-verdubbelde woord)
 
== Ds. Vos se bediening ==
Die Kaapse goewerneur [[Du Pré Alexander, graaf van Caledon|Caledon]] het ds. Vos as predikant van Swartland aangestel waar hy in Junie 1810 sy werk aanvaar het. Maar hy het nogal teenstand ondervind, want die mense wou hom glad nie gehad het nie – waarskynlik het sy reputasie van [[Tulbagh]] hom vooruitgeloop. Daar is selfs 'n versoekskrif na die goewerneur gestuur waarin melding gemaak is van "the dissatisfaction of the community at large" met hom en waarin die vrees uitgespreek is dat dit kon lei tot "a considerable neglect in the observance of religious duties and confusion and discord among the parishioners". Hulle het graaf Caledon dan ook versoek om hom te verplaas. Die lidmate het hulle toe maar vir eers by sy benoeming neergelê, want 'n paar maande na sy aankoms in Swartland het hy in die teenwoordigheid van 400 toehoorders sy 25-jarige evangeliebediening herdenk. Maar die goewerneur het het dit tog raadsaam gevind om hom in April 1811, nadat hy dus slegs 10 maande in Swartland was, na die pas gestigte [[NG gemeente Caledon|Caledon]] te verplaas. Hier het hy gearbei tot hy sy emeritaat op [[2 Augustus]] [[1818]] aanvaar het.
 
Ná ds. Vos was die volgende twee leraars di. J. Scholtz (1811-'27) en J. Spyker (1829-'33).
12 721

wysigings

Navigasie-keuseskerm