1859
Voorkoms
1859 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1854 | 1855 | 1856 | 1857 | 1858 | ◄ 1859 ► | 1860 | 1861 | 1862 | 1863 | 1864 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1859 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Koning Viktor Emanuel II van Italië | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1859 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 59ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 14 Februarie – Oregon word die 33ste deelstaat van die Verenigde State.
- 7 Maart – Die dorp Jacobsdal word in die Vrystaat gestig.
- 31 Mei – Die horlosie Big Ben begin loop.
- 24 Junie – In die Slag van die drie heersers in Solferino, verslaan Sardinië en Frankryk vir Oostenryk in die noorde van Italië.
- 30 Junie – Jean-François Gravelet (bekend as Blondin) stap oor die Niagara waterval op 'n tou van 335 meter lank en 49 meter bo die water.
- 4 Julie – Oostenrykers verloor die Slag van Magenta. Die Kerklike Staat kom onder die bewind van Victor Emmanuel II.
- 5 Julie – Kaptein N. C. Brooks ontdek die Midway-eilande en neem dit in besit namens die Verenigde State.
- Onbekend – Charles Darwin se On the origin of species by means of natural selection word gepubliseer.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 27 Januarie – Wilhelm II van Duitsland, laaste koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1941).
- 19 Februarie – Svante Arrhenius, Sweedse chemikus, fisikus en Nobelpryswenner († 1927).
- 30 Maart – Sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister († 1931)
- 1 April – G.R. von Wielligh, Suid-Afrikaanse skrywer († 1932)
- 8 April – Edmund Husserl, Duitse filosoof († 1938).
- 26 April – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1919)
- 1 Mei – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1940)
- 15 Mei – Pierre Curie, dokter en ontvanger van die Nobelprys 1903 († 1906).
- 22 Mei – Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer († 1930).
- 19 Julie – Jan Eloff, mynkommissaris van Johannesburg († 1939).
- 20 September – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman († 1930).
- 20 September – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg († 1932).
- 30 September – Ds. Philip Snyman, predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk († 1900).
- 9 Oktober – Alfred Dreyfus, bekend vir die Dreyfus-saak († 1935).
- 18 Oktober – Henri Bergson, Franse filosoof († 1941).
- 26 Oktober – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis († 1932).
- 15 Desember – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto († 1917).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 20 Januarie – Bettina von Arnim, Duitse skryfster van die Romantiek (* 1785).
- 6 Mei – Alexander von Humboldt, Duitse wetenskaplike en ontdekkingsreisiger (* 1769).
- 8 Julie – Oscar I van Swede, van 8 Maart 1844 tot met sy dood koning van Swede en Noorweë (* 1799).
- 15 September – Isambard Kingdom Brunel, Engelse meganiese en siviele ingenieur (* 1806).
- 13 November – Prudens van Duyse, Vlaamse skrywer(* 1804).