Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Magalakwin"

Jump to navigation Jump to search
geen wysigingsopsomming nie
 
== Kerkbou ==
[[Beeld:Ds PJ Pelser.jpg|duimnael|regs|170px|Dr. [[Petrus Pelser|P.J. Pelser]], leraar (in kombinasie) van 1956 tot 1961.]]
Reeds aan die begin van die dertigerjare het lidmate self aan die werk gespring en hul eie kerk gebou. Die hoeksteen is op [[12 Desember]] [[1931]] gelê en die gebou is ingewy op [[2 April]] [[1932]]. Omdat ’n voordeur weens ’n tekort aan geld nog gekort het, is die ingang aanvanklik met doringtakke toegemaak. Later is genoeg geld ingesamel om ’n deur aan te bring. Dié kerk bied glo sitplek aan 200 kerkgangers, maar dié bewering is nog nooit getoets nie omdat Magalakwin in sy hele bestaan nog nooit so baie lidmate gehad het nie, want selfs in die bloeitydperk omstreeks 1960 was hier maar 66 belydende en 57 dooplidmate. Dié gebou, wat jare gelede tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, is hoogs doelmatig, maar moes met die jare meermale opgeknap word weens die rousteen-samestelling.
 
85 790

wysigings

Navigasie-keuseskerm