Spike Lee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Spike Lee
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Lee in 2009 by die Tribeca-rolprentfees.

Geboortenaam Shelton Jackson Lee
Geboorte 20 Maart 1957 (1957-03-20) (61 jaar oud)
Aktiewe jare 1977-tans

Shelton Jackson "Spike" Lee (gebore op 20 Maart 1957) is ’n Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, skrywer en akteur. Sy maatskappy, 40 Acres and a Mule Filmworks, het sedert 1983 meer as 35 rolprente vervaardig.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Lee het sy regisseursdebuut in 1986 met She's Gotta Have It gemaak. Prente sedertdien sluit in Do the Right Thing (1989), Malcolm X (1992), The Original Kings of Comedy (2000), 25th Hour (2002), Inside Man (2006) en Chi-Raq (2015). Hy het in 10 van sy eie flieks gespeel.

Sy flieks ondersoek rasseverhoudings, kleuronderskeid in die swart gemeenskap, die rol van die media in die moderne lewe, stedelike misdaad en armoede, en ander politieke kwessies. Hy is twee keer vir ’n Oscar benoem en het ’n studente- en ere-Oscar gewen, asook talle ander pryse soos ’n Emmy, Gish-prys en ere-César.[1][2][3][4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Spike Lee wins $300,000 Gish Prize". BBC News. Besoek op 30 April 2014. 
  2. "Spike Lee Awarded $300,000 Prize From Dorothy and Lillian Gish Foundation". BET: Black Entertainment Television. Besoek op 30 April 2014. 
  3. "Spike Lee awarded $300,000 Gish Prize". Los Angeles Times. Besoek op 30 April 2014. 
  4. "Spike Lee to receive prestigious Lillian Gish award". Hollywood. Besoek op 1 Mei 2014. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]