Stepan Krasjeninnikof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Stepan Petrowitsj Krasjeninnikof
Степа́н Петро́вич Крашени́нников
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore 11 November 1711
Moskou
Oorlede 8 Maart 1755
Sint Petersburg
Nasionaliteit Vlag van Rusland Rusland
Beroep Naturalis en geograaf
Bekend vir Verken die Kamtsjatka-skiereiland en Siberië

Stepan Petrowitsj Krasjeninnikof (Russies: Степа́н Петро́вич Крашени́нников) was in die 18de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. Hy het in 1733-1736 in die streek gereis en in 1737-1741 op die Kamtsjatka-skiereiland. Met sy terugkeer na Rusland het hy die eerste volledige beskrywing van Kamtsjatka in sy boek ’n Verslag oor die land Kamtsjatka gegee en ook die plante, diere en inheemse volke van die streek beskryf.