Suidelike Orkneyeilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Suidelike Orkneyeilande
Kaart van die Suidelike Orkneyeilande
Kaart van die Suidelike Orkneyeilande
Geografie

Ligging Antarktika, Suidelike Oseaan
Suidelike Atlantiese Oseaan
Koördinate 60°35′S 45°30′W / 60.583°S 45.500°W / -60.583; -45.500Koördinate: 60°35′S 45°30′W / 60.583°S 45.500°W / -60.583; -45.500

Hoofeilande Coronation-eiland
Oppervlakte 620 vk km (240 vk myl)
Hoogste punt Berg Nivea 1 265,8 m (4 153 voet)
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Flag of the British Antarctic Territory.svg Brits-Antarktiese Gebied

Vlag van Argentinië Argentinië
Provinsie Bandera de la Provincia de Tierra del Fuego.svg Argentyns-Antarktika

Demografie
Bevolking 0

Geadministreer onder die Antarktiese Verdrag
Spaanstalige Kaart van die Suidelike Orkneyeilande
Basis op die Signy-eiland

Die Suidelike Orkneyeilande (Engels: South Orkney Islands, Spaans: Islas Orcadas del Sur) is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suide. Die Suidelike Orkneyeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Scotiasee in die noorde en die Weddellsee in die suide geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande geleë.

Die Suidelike Orkneyeilande word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) opgeëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eilande soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]