Swaweldioksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Swaeldioksied)
Spring na: navigasie, soek
Eienskappe

Algemeen

Naam Swaweldioksied
Struktuurformule van
Sulfur-dioxide-3D-vdW.png
Chemiese formule SO2
Molêre massa 64,1 [g/mol]
CAS-nommer 7446-09-5 [1]  
Reuk verstikkend[1]  
Reukdrempel 3-5 dpm[1]
Fasegedrag
Smeltpunt -75.5 °C[1]
Kookpunt -10 °C[1]
Digtheid 2,25 (rel t.o. lug)[1]
Oplosbaarheid  
Henry se konstante 1,26 [L/mol.atm] 3050 [K][2]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt onbrandbaar 
LD50 2520 dpm (inaseming by rotte)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 

Swaweldioksied is 'n chemiese verbinding van swawel en suurstof met 'n formule SO2. By kamertemperatuur is dit 'n kleurlose gas met 'n stekende, verstikkende reuk.

Die gas word by verbranding van swawel gevorm:

Die swawelatoom het 'n oksidasiegetal van +4 in hierdie molekuul, wat nie die hoogste moontlike waarde is nie. Dit wil sê dat dit nog met suurstof kan reageer en swaweltrioksied kan vorm volgens:

Hierdie reaksie is nogtans slegs in aanwesigheid van 'n katalisator soos vanadium(V)oksied V2O5[3] moontlik.

Swaweldiosied is 'n taamlik sterk Lewis-suur wat met water swaeligsuur H2SO3 vorm:

Hierdie reaksie kan ekologiese gevolge inhou. Die verbranding van brandstowwe wat swawel bevat, soos steenkool of olie, stel swaweldioksied vry wat in die water van riviere en mere oplos.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "Air Products MSDS" (PDF) (in Engels). 
  2. NIST Sander.
  3. General Chemistry, Enhanced Edition, Darrell Ebbing, Steven D. Gammon, Cengage Learning, 2010, ISBN 0-538-49752-1, ISBN 978-0-538-49752-7