Tatamkhulu Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jozua/ Ismail Joubert
Bynaam Tatamk(h)ulu Afrika
Geboortenaam Mogamed Fu'ad Nasif
Gebore 7 Desember 1920
As Sallum, Egipte
Oorlede 23 Desember 2002 (op 82)
Suid-Afrika
Beroep Digter, romanskrywer
Eerbewyse Goue Molteno-toekenning

Tatamkhulu Afrika (7 Desember 192023 Desember 2002) was 'n Suid-Afrikaanse digter en romanskrywer. Hy het onder meer die goue Molteno-toekenning vir sy lewenslange diens aan die Suid-Afrikaanse literatuur ontvang. Tatamkulu Afrika is Xhosa vir Oupa Afrika.[1]

Beknopte biografie[wysig | wysig bron]

Hy is in Egipte in 1920 gebore en het as 'n jong kind in Suid-Afrika aangekom, waar hy deur 'n Afrikaanse familie grootgemaak is. Hy het in die Tweede Wêreldoorlog geveg, en was 'n lid van Umkhonto we Sizwe, die ANC se militêre vleuel.[2]

Afrika het sy eerste boek, Broken Earth, geskryf toe hy net sewentien was. Feitlik die hele oplaag is egter tydens die Blitz van 1940 (Duitse bomaanvalle) in 'n Londense pakhuis verwoes. Sy tweede publikasie, Nine Lives, het eers vyftig jaar later die lig gesien.

Hy het op 23 Desember 2002 weens beserings in 'n motorongeluk gesterf. Die publikasie van sy finale boek, Bitter Eden, het plaasgevind kort voor hy tot sterwe gekom het.

Sy outobiografie, Mr Chameleon, is in 2005 postuum uitgegee.

Poësie[wysig | wysig bron]

  • Nine Lives (1991)
  • Dark Rider (1993)
  • Maqabane (1994)
  • The Lemon Tree (1995)
  • Turning Points (1996)
  • Flesh and the Flame (1998)
  • The Angel and Other Poems (1999)
  • Mad Old Man Under the Morning Star (2001)

Romans[wysig | wysig bron]

  • Broken Earth (1940)
  • The Innocents
  • Tightrope
  • Bitter Eden (2002)

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. 'n Groot jaar vir digter Tatamkulu Afrika, Beeld, 9 Desember 1994