Terschelling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Terschelling
Skylge
Die hawe van Terschelling
Die hawe van Terschelling
Vlag van Terschelling
Vlag
Wapen van Terschelling
Wapen
Ligging van die Terschelling-munisipaliteit in Friesland
Ligging van die Terschelling-munisipaliteit in Friesland
Koördinate: 53°24′00″N 5°21′00″O / 53.40000°N 5.35000°O / 53.40000; 5.35000Koördinate: 53°24′00″N 5°21′00″O / 53.40000°N 5.35000°O / 53.40000; 5.35000
Land Vlag van Nederland Nederland
Provinsie Frisian flag.svg Friesland
Regering
 - Burgemeester J.M. Visser (PvdA)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 674 km²  (260,2 vk m)
 - Land 87,11 km² (33,6 vk m)
 - Water 586,89 km² (226,6 vk m)
Bevolking (1 November 2012)
 - Munisipaliteit 4 797
 - Digtheid 55/km² (142,4/myl2)
Poskode 8880 - 8897
Skakelkode(s) 0562
Webwerf: www.terschelling.nl

Terschelling (Wes-Fries: Skylge) is 'n munisipaliteit en 'n eiland in die Noordelike Nederland en een van die Wes Friesland Eilande. Dit is geleë tussen die eilande van Vlieland en Ameland.

In die noorde grens Terschelling aan die Noordsee en in die suide aan die Waddensee. Suidwes lê die eiland Vlieland en oos die eiland Ameland. Terschelling het 'n strand van 30 km en meer as 70 km se fietspaaie.

Wadden Eilanders is bekend vir hulle vindingrykheid om enige iets wat aan wal spoel te gebruik. Omdat daar min bome is om te gebruik vir boumateriaal word meeste van die plaas en skure gemaak van maste van uitgespoelde skepe. Die eiland is omkring met skeepswrakke, en selfs vandag nog word heelwat houers wat van Noordsee houerskepe afval, aan wal gespoel.

Soos op die meeste ander Wadde-eilande is toerisme 'n baie belangrike bron van inkomste. Daar is wel landbou aktiwiteite maar meeste van die eiland is 'n natuurreservaat.

In die spitsseisoen is daar meer as drie keer soveel toeriste as in die winter. Elke jaar in Junie word die Oerolfees op die eiland gehou. Daar is ook 'n seevaartskool wat na Willem Barentz genoem is.

Terschelling kan per pontboot bereik word vanaf die vasteland drop Harlingen asook van Vlieland met hoë spoed katamaran.