Top League

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Top League
2015–16 Top League
Sportsoort Rugby
Gestig 2003
Inougurele seisoen 2003–04
Deelnemende lande Vlag van Japan Japan
Aantal spanne 16
Mees onlangse kampioen Panasonic Wild Knights

Die Top League is ’n rugbykompetisie in Japan. Dit is die hoogste vlak van rugbykompetisies in Japan en is ’n industriële liga, wat beteken dat talle spelers werknemers is van hul maatskappy en die spanne elkeen deur groot maatskappye besit word. Die Japanse Rugbyvoetbalunie het die kompetisie in 2003 op die been gebring deur die Japanse Maatskappy-rugbyvoetbalkampioenskap te absorbeer sodat die algehele standaard van die sport verbeter kan word, die gewildheid van die sport toeneem en die resultate van die Japanse nasionale rugbyspan verbeter. Twaalf spanne het aan die eerste seisoen in 2003–04 deelgeneem. In 2006–07 is die kompetisie na veertien spanne uitgebrei en in 2013–14 na sestien.

Die meesterbrein agter die liga was Hiroaki Shukuzawa wat die dringendheid aan ’n verbetering van die Japanse plaaslike maatskappy-rugbykompetisie na ’n professionele vlak gevoel het, wat Japan uiteindelik in staat sou stel om meer mededingend te wees in internasionale rugby. Talle buitelanders het hulself al beskikbaar gestel om in die Top League te speel. In die 2010’s het salarisse in die Top League van die hoogste in die rugbywêreld geword met Jaque Fourie wat in 2012 die bes betaalde rugbyspeler in die wêreld was.[1]

Kampioene[wysig | wysig bron]

Seisoen Top League-kampioene
2015–16 PanasonicWildKnights.png Panasonic Wild Knights
2014–15 PanasonicWildKnights.png Panasonic Wild Knights
2013–14 PanasonicWildKnights.png Panasonic Wild Knights
2012–13 Suntorycolours.png Suntory Sungoliath
2011–12 Suntorycolours.png Suntory Sungoliath
2010–11 Sanyowildknights.png Sanyo Wild Knights
2009–10 Toshibabravelupus.png Toshiba Brave Lupus
2008–09 Toshibabravelupus.png Toshiba Brave Lupus
2007–08 Suntorycolours.png Suntory Sungoliath
2006–07 Toshibabravelupus.png Toshiba Brave Lupus
2005–06 Toshibabravelupus.png Toshiba Brave Lupus
2004–05 Toshibabravelupus.png Toshiba Brave Lupus
2003–04 Kobesteelers.png Kobe Steel Kobelco Steelers*

Notes:

* NEC Green Rockets het die Microsoftbeket in 2003–04 gewen. Die beker is geag as ’n afsonderlike kompetisie van die Top League voor 2007.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Die 4.25 miljoen pond vraag". ESPN Scrum. 2012-05-24. Besoek op 2012-05-24.