Transkeise speldekussing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Transkeise speldekussing
Leucospermum innovans S-2674.jpg
Leucospermum innovans 15692069.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. innovans
Binomiale naam
Leucospermum innovans
Rourke

Die Transkeise speldekussing (Leucospermum innovans) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en deel vorm van die fynbos. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Oos-Kaap en die suide van KwaZulu-Natal; meer spesifiek in Pondoland van die Mtamvunarivier tot by Ntsubane.

Daar is ook geïsoleerde populasies by Paddock en Uvongo in KwaZulu-Natal. Die struik word tot 1 m groot en dra blomme van September tot Oktober. Dit is een van die min speldekussingspesies wat nie in die Wes-Kaap voorkom nie.

In Engels staan dit as die Pondoland pincushion bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]