Trekduif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Trekduif
'n Lewendige trekduif in 1896, deur C.O. Whitman aangehou
Bewaringstatus

Status iucn3.1 EX af.svg
Uitgestorwe  (1914) (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Columbiformes
Familie: Columbidae
Genus: Ectopistes
Swainson, 1827
Spesie: E. migratorius
Binomiale naam
Ectopistes migratorius
(Linnaeus, 1766)
Die trekduif se verspreiding. Hulle broeigebied word in rooi en hulle oorwinteringsgebied word in oranje aangedui.
Die trekduif se verspreiding. Hulle broeigebied word in rooi en hulle oorwinteringsgebied word in oranje aangedui.
Sinonieme
  • Columba migratoria Linnaeus, 1766
  • Columba canadensis Linnaeus, 1766
  • Ectopistes migratoria Swainson, 1827

Die trekduif (Ectopistes migratorius) was 'n spesie van duiwe wat in groot getalle oor die kontinent van Noord-Amerika voorgekom het.

Volgens skatting was daar ten minste 3 tot 5 miljard van hierdie duiwe in Noord-Amerika toe die Europese setlaars daar aangeland het. Hulle het dikwels op onreëlmatige tye in groot swerms oor die kontinent gevlieg. In 1866 het die oortog van so 'n swerm in Ontario ten minste 14 uur lank geduur. Die swerm moes meer as 'n miljard duiwe bevat het.

Ondanks die groot getalle het hierdie duiwe later uitgesterf. Daar is genadeloos op hulle gejag en ontbossing het tot 'n verlies aan habitat gelei.

By 'n bepaalde broeikolonie in Michigan is daar in 1874 sowat 25 000 duiwe per dag afgemaai. In die jare tagtig van die negentiende eeu was dit duidelik dat die voëls deur uitsterwing bedreig word. Op 1 September 1914 sterf die laaste duif, genaamd Martha, in die Cincinnati Diere- en Botaniese Tuin.

Eier

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). “Ectopistes migratorius”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 26 November 2013.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]