VfL Germania Leer
Volledige naam | Verein für Leibesübungen Germania Leer e.V. |
Stigtingsdatum | 1915 |
Tuisveld | Hoheellern-stadion, Leer |
Kapasiteit | 4 700 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Wes |
VfL Germania Leer is 'n sportklub uit Leer in die deelstaat Nedersakse in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir judo en handbal.
Die klub is in 1915 gestig as 'n opvolger vir Fortuna Leer, wat op sy beurt weer die klub Germania Leer (in 1902 gestig) opgevolg het. Die klub se naam was aanvanklik FC Germania Leer, aangesien dit slegs sokker aangebied het. Die huidige benaming is eers in 1925 aangeneem, toe die klub 'n atletiek-afdeling bygekry het.
Die klub se beste jare was tydens die 1930’s, toe daar op die eerste vlak in die destydse Nordwestdeutsche Oberliga meegeding is teen spanne soos SV Werder Bremen. Die span het ook in die 1950’s in die Amateur-Oberliga op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur meegeding.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen | |
SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - |