Victoria Woodhull
Victoria Woodhull | |
---|---|
Portret van Victoria Woodhull deur Mathew Brady, ca. 1870 | |
Gebore | Victoria California Claflin 23 September 1838 Homer, Ohio, Verenigde State |
Sterf | 9 Junie 1927 (op 88) Bredon, Worcestershire, Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Politikus, feminis, skrywer |
Bekend vir | politiek, vroueregte, vroue se stemreg, feminisme, burgerregte, anti-slawerny, aandelemakelaar, joernalistiek, vrye liefde |
Eggenoot | Canning Woodhull (1853–?) Colonel James Blood (c. 1865–1876) John Biddulph Martin (1883–1901) |
Kinders | Byron en Zula Maude Woodhull |
Ouer(s) | Reuben Buckman Claflin Roxanna Hummel Claflin |
Handtekening | |
Victoria Claflin Woodhull, later Victoria Woodhull Martin (23 September 1838 – 9 Junie 1927) was 'n Amerikaanse aktivis en politikus. Sy was die eerste vrou om as Amerikaanse presidentskandidaat te staan. Sy was ook die eerste vrou wat 'n komitee van die Amerikaanse Kongres toegespreek het.
Woodhull is in 1872 deur die "Equal Rights"-party genomineer om teen die Republikeinse presidentskandidaat, Ulysses S. Grant, te staan. Dit was nog voordat vroue stemreg in Amerika gehad het.
Woodhull het net drie jaar skoolgegaan. Sy en haar suster het uiteindelik as suksesvolle makelaars op Wallstraat gewerk. Hulle was ook van die eerste vroue om 'n koerant te begin, die Woodhull & Claflin's Weekly, wat in 1870 met publikasie begin het.[1]
Die Victoria Woodhull-gedenkkloktoring in Granville, Ohio, is ter ere van haar opgerig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The Revolution, 'n weeklikse koerant wat deur Susan B. Anthony en Elizabeth Cady Stanton gestig is, het twee jaar tevore in 1868 met publikasie begin.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Victoria Woodhull.