Gaan na inhoud

Voëlklip

Koördinate: 34°03′40″S 22°23′12″O / 34.06111°S 22.38667°O / -34.06111; 22.38667
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die rots naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Voëlklip (dubbelsinnig).

Voëlklip is 'n rots wes van Heroldsbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. 'n Gewilde uitkykpunt 120 m bo seespieël, bekend as Hansie se Bank, is ongeveer 1 km van Voëlklip geleë en word met 'n grondpadafdraai vanaf die R404 bereik.[1] Dit word daagliks deur plaaslike en buitelandse toeriste besoek.[1] By die uitkykpunt is 'n afgrond waar talle mense al gesterf het.[2][3]

Sterfgevalle by die uitkykpunt

[wysig | wysig bron]
Datum Aantal sterfgevalle Beskrywing Verwysings
15 November 2015 3 Werner Finger (20), MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21), al drie van George, sterf nadat hulle in 'n Toyota Hilux-bakkie oor die afgrond is. Els en Jansen se lyke word uit die voertuig gehaal; Finger se lyk word nooit gevind nie.

[4][5][6][7][1]

29 April 2016 1 Tobias Koen (62) sterf toe 'n gehuurde Ford EcoSport oor die krans is.
22 Oktober 2019 3 Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Cozette en Hugo, sterf toe hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond is. Die voertuig word op 23 Oktober 2019 gevind. Hugo se lyk word op 24 Oktober 2019 en Heidi s'n op 26 Oktober 2019 gevind. Cozette se lyk word nooit gevind nie. [8][9][10][2][3][11][1][12]
3 Desember 2019 1 Zonita Basson, 'n makelaar van George, is dood nadat sy in haar Chevrolet Spark oor die afrond is. Haar lyk word die volgende dag herwin. [13]
29 Januarie 2020 1 'n 52-jarige sakeman van Port Elizabeth is dood nadat hy in sy motor oor die afgrond ry. [14]
21 Januarie 2021 2 'n 34-jarige ma van Pacaltsdorp in George en haar 2-jarige dogter is dood nadat hulle in 'n Fiat Uno oor die afgrond is. Die vrou se 8-jarige seun val uit die motor voordat dit oor die afgrond is. [15][16][1][17][18][19]
20 Februarie 2021 2 Nickey van Niekerk en Leslie Briscoe, albei van Krugersdorp, is dood nadat hulle in 'n motor oor die afgrond is. [20][21][22]
8 Februarie 2022 1 Conrad Maree (33) van George is dood nadat hy in sy bakkie oor die afgrond is. [23][24]
22 Maart 2022 1 Jo-Anne Lourens (57), ’n verpleegster van George, se lyk word in haar motorwrak gevind nadat dit oor die afgrond is. [25][26]
3 April 2022 2 'n Egpaar van Heroldsbaai, Ren (82) van Dyck en sy vrou, Leonie (78) word met skietwonde op 'n bankie by die uitkykpunt aangetref. Die man was reeds dood en die vrou sterf op 5 April 2022 in die hospitaal. [27][28]
1 September 2022 1 Bertus van Niekerk (50) van George is dood toe hy in sy motor oor die afgrond is. [29]
1 November 2022 1 'n 63-jarige man is dood toe hy in sy voertuig oor die afgrond is. Sy lyk word op 4 November 2022 uit die see gehaal. [30][31]
14 Januarie 2023 1 Die lyk van 'n 65-jarige man van Mosselbaai word in die see gevind. Sy motor was by die uitkykpunt geparkeer. [32]
20 Januarie 2023 1 'n 34-jarige vrou sterf toe sy in 'n bakkie oor die afgrond stort. [2][3][33]
21 Junie 2023 1 'n Vrou van George is dood nadat sy in haar motor oor die afgrond is. Haar lyk spoel in Glentana uit. [34][2][3]
15 November 2023 1 'n 33-jarige man van Parkdene in George sterf nadat hy met sy motor oor die afgrond is. [2][3]
Totaal 23

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Eybers, Johan (23 Januarie 2021). "Voëlklip: 'My ma lê in die see'". Rapport.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Venter, Isabel (16 November 2023). "Nóg ʼn motor oor die kranse by Voëlklip". Maroela Media.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Du Plessis, Janice (16 November 2023). "Man se liggaam gevind ná motor by Voëlklip afstort". Maroela Media.
  4. "Drie jong mans sterf ná bakkie by krans afstort". Maroela Media. 16 November 2015.
  5. Strydom, Nico (18 November 2015). "Bakkie stort oor afgrond in see: drie se name bekend". Maroela Media.
  6. Strydom, Nico (25 November 2015). "Jong man se liggaam nog nie gevind". Maroela Media.
  7. Strydom, Nico (28 November 2015). "Soektog na jong man afgelas". Maroela Media.
  8. Cornelissen, Christel (24 Oktober 2019). "Soektog hervat na ma, twee kinders by Heroldsbaai". Maroela Media.
  9. Cornelissen, Christel (24 Oktober 2019). "Heroldsbaai-soektog: bussie onder water gekry". Maroela Media.
  10. Krige, Elaine (24 Oktober 2019). "Liggaam van 2-jarige in see by Voëlklip gekry". Maroela Media.
  11. Jansen, Julian (24 Oktober 2020). "Blomme 'n jaar ná sterftes by Voëlklip". Rapport.
  12. Heyns, Tania (4 Augustus 2020). "Voëlklip-tragedie: Ondersoek in 'sensitiewe stadium'". Maroela Media.
  13. Heyns, Tania (4 Desember 2019). "Nóg 'n tragedie by Voëlklip". Maroela Media.
  14. Heyns, Tania (29 Januarie 2020). "Voëlklip eis nóg 'n lewe". Maroela Media.
  15. Cornelissen, Christel (21 Januarie 2021). "Voëlklip: Nóg ʼn ma, kleuter vermis na motor by krans afstort". Maroela Media.
  16. Cornelissen, Christel (22 Januarie 2021). "Voëlklip: Ma se liggaam gevind". Maroela Media.
  17. Heyns, Tania (25 Januarie 2021). "Voëlklip: Soektog na dogtertjie hervat". Maroela Media.
  18. Van der Merwe, Anja (28 Januarie 2021). "Voëlklip: Polisie bepaal vandag of soektog voortgaan". Maroela Media.
  19. Cornelissen, Christel (6 Februarie 2021). "Kinderliggaam moontlik dié van Voëlklip-slagoffertjie". Maroela Media.
  20. "Nóg ʼn motor stort by Voëlklip af". Maroela Media. 21 Februarie 2021.
  21. "Twee in Voëlklip-motorwrak gevind". Maroela Media. 21 Februarie 2021.
  22. Heyns, Tania (23 Februarie 2021). "Voëlklip-slagoffers was van Gauteng". Maroela Media.
  23. Heyns, Tania (8 Februarie 2022). "Voëlklip eis nóg 'n lewe". Maroela Media.
  24. Heyns, Tania (10 Februarie 2022). "Naam van Voëlklip se jongste slagoffer bekend". Maroela Media.
  25. Heyns, Tania (23 Maart 2022). "Vermiste vrou dalk by Voëlklip dood". Maroela Media.
  26. Heyns, Tania (24 Maart 2022). "Voëlklip: 'Dis waar sy gelukkig was'". Maroela Media.
  27. Nanni, Mariska (4 April 2022). "Skiettragedie by berugte uitkykpunt". Maroela Media.
  28. Nanni, Mariska (5 April 2022). "Vrou sterf ook ná skietery by Voëlklip". Maroela Media.
  29. Strydom, Nico (2 September 2022). "Man sterf toe motor oor afgrond stort by Voëlklip". Maroela Media.
  30. Heyns, Tania (2 November 2022). "Nóg 'n voertuig dalk oor afgrond by Voëlklip". Maroela Media.
  31. Heyns, Tania (3 November 2022). "Liggaam uit see by Voëlklip gebring". Maroela Media.
  32. Heyns, Tania (16 Januarie 2023). "Vermiste man se liggaam by Voëlklip gevind". Maroela Media.
  33. "Twee liggame binne week by Voëlklip gevind". Maroela Media. 21 Januarie 2023.
  34. Heyns, Tania (21 Junie 2023). "Nóg 'n motor stort oor Voëlklip". Maroela Media.

34°03′40″S 22°23′12″O / 34.06111°S 22.38667°O / -34.06111; 22.38667