Pacaltsdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pacaltsdorp
Ligging van Pacaltsdorp op 'n kaart (Wes-Kaap)
Pacaltsdorp
Pacaltsdorp
Koördinate: 34°1′0″S 22°27′0″O / 34.01667°S 22.45000°O / -34.01667; 22.45000
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit George
Tydsone SAST (UTC+2)

Pacaltsdorp is 'n klein dorpie suid van George en die N2 nasionale pad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan uit 'n sendingstasie wat hier begin is in 1813 deur eerwaarde Carl August Pacalt van Duitse oorsprong. Die dorp is na hom vernoem uit erkenning van sy werk in die gemeenskap.

Wapens[wysig | wysig bron]

Munisipaliteit (1) — Die dorpsraad se eerste wapen was : Gevierendeel, die snylyn golwend, I in goud 'n rooi toring; II in groen 'n aronskelk van natuurlike kleur; III in groen twee akkers op 'n enkele tak van natuurlike kleur; IV in goud 'n suikerbekkie sittend op 'n tak van natuurlike kleur; die skild oortop met 'n rooi muurkroon. Aan weerskante van die skild was twee groen blare. Die wapenspreuk was "Vigilate". Raadslid Andy Lamont het die wapen ontwerp.

Munisipaliteit (2) — 'n Nuwe wapen is in 1990 by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Gewelfd deursnede, groen en silwer, in die skildhoof drie akkers aan 'n enkele geblaarde stingel, alles goud, in die skildvoet 'n kortbeksuikerbekkie van natuurlike kleur, sittend op 'n rooi tak. Die helmteken was 'n groen muurkroon. Die wapenspreuk het "Vigilate" gebly.[1]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]