Vorarlberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vorarlberg
Landsvlag Landswapen
Flag of Vorarlberg.svg Vorarlberg CoA.svg
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits
Hoofstad: Bregenz
Oppervlakte: 2 601,48 km² (8ste)
Bevolking: 375 282 (8ste) (31 Januarie 2014)[1]
Bevolkingsdigtheid: 144 inwoners / km² (2de)
Buitelanders: 14,3 % (2014)[2]
Volkslied (Landeshymne): ’s Ländle, meine Heimat
ISO 3166-2: AT-8
Amptelike webwerf: www.vorarlberg.at
Politiek
Eerste minister: Markus Wallner (ÖVP)
(sedert 7 Desember 2011)
Regerende partye: ÖVP en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(36 setels) (2009: 36 setels):
ÖVP 16 (2009: 20)
FPÖ 9 (9)
Die Grünen – Die grüne Alternative 6 (4)
SPÖ 3 (3)
NEOS 2 (0)
Laaste verkiesing: 21 September 2014
Volgende verkiesing: 2019
Parlamentêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 3
Kaart
Vorarlberg in Austria.svg
Uitsig oor die Switserse Alpe anderkant die grens vanuit die bergpiek Oberfallenberg naby Dornbirn

Vorarlberg is die mees westelike en, ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking, op een na ook die kleinste deelstaat van die Republiek Oostenryk. Bregenz is die hoofstad met 27 726 inwoners, terwyl Dornbirn met 'n bevolking van 45 520 die grootste nedersetting in die deelstaat is.

Die gebied van die huidige deelstaat het sy eie streeksidentiteit eers relatief laat en nie voor die 19de eeu ontwikkel nie.[3] Die landsnaam (waarvan die klemtoon in Oostenryk gewoonlik op die tweede, in Duitsland dikwels ook op die eerste sillabe val) is afgelei van die vroeër strategies belangrike Arlberg-bergpas. Vanuit die perspektief van die ou ryk en die Huis van Habsburg se stamkasteel in die Switserse kanton Aargau is die gebied "voor" die bergpiek Arlberg geleë. Die naam Vorarlberg word sedert die middel van die 18de eeu gebruik.

In kulturele opsig verskil Vorarlberg merkbaar van die ander Oostenrykse deelstate. So word hier Hoogalemanniese dialekte (Vorarlbergs) gepraat wat, behalwe vir kleiner taaleilande in Tirool, nie elders in Oostenryk voorkom nie en nou verwant is aan Hoogalemanniese dialekte in die suide van Suidwes-Duitsland en Switserland. Dit weerspieël die vestiging van Alemanniese setlaars in die gebied, terwyl die meerderheid Oostenrykers in die deelstate oos van Vorarlberg nasate van Middeleeuse Beierse koloniste is en Beiers-Oostenrykse dialekte praat. Geografies maak Vorarlberg deel uit van die Ryn se dreineringsgebied, terwyl die res van die land - met klein uitsonderings - deur die Donau gedreineer word.

Administratiewe distrikte[wysig | wysig bron]

Distrikte[4]
Distrikte Bevolking Oppervlakte (km²) Bevolkingsdigtheid
Distrik Dornbirn 80 438 172 468
Distrik Feldkirch 98 889 278 356
Distrik Bregenz 125 647 854 147
Distrik Bludenz 62 074 1 286 48
Vorarlberg 367 766 2 590 142

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Deelstate van Oostenryk Flag of Austria.svg

Flag of Burgenland.svg Burgenland | Flag of Carinthia.svg Karintië | Flag of Lower Austria.svg Neder-Oostenryk | Flag of Upper Austria.svg Opper-Oostenryk | Flag of Salzburg.svg Salzburg | Flag of Styria.svg Stiermarke | Flag of Tirol.svg Tirol | Flag of Vorarlberg.svg Vorarlberg | Flag of Vienna.svg Wene