Westfield Corporation

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Westfield Corporation
The Westfield Group logo.svg
Westfield Shopping Centre, Stratford, London. (6974444470).jpg
Tipe Publieke maatskappy
Gestig 2014
Hoofkantoor Sydney, Nieu-Suid-WallisVlag van Australië Australië
SleutelpersoneFrank Lowy, John Saunders (stigters)
Sir Frank Lowy (voorsitter), Michael Gutman (president & hoof operasionele beampte)
Gebied bedienVerenigde Koninkryk, Verenigde State
IndustrieEiendomsbeleggings
ProdukteWinkelsentrums in VK (2) en VSA (33)
InkomsteA$635,5 miljoen (2014)
Werknemers1 700 (2016)
Dogter-
maatskappye
Westfield Management Limited
Westfield America Management Limited en ander
Webwerfwestfieldcorp.com

Westfield Corporation is 'n Australiese onderneming wat vanuit sy hoofkwartier in Sydney winkelsentrums in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State bestuur. Dit is in 2014 gevorm toe die oorspronklike Westfield Group sy belange in Noord-Amerika en Wes-Europa van sy bedrywighede in Australië en Nieu-Seeland geskei en twee onafhanklike ondernemings vir respektiewelik die Noordelike en Suidelike Halfrond gevestig het. Winkelsentrums in die twee laasgenoemde lande word tans deur die eweneens nuutgestigte Scentre Group bestuur.

Op 12 Desember 2017 het Westfield Corporation 'n oorname-aanbod deur die Franse onderneming Unibail-Rodamco ter waarde van A$32,8 miljard aanvaar[1] - met uitsondering van Westfield Labs, die onderneming se tegnologie- en ontwerpafdeling wat sy setel in die Kaliforniese winkelsentrum Westfield San Francisco Centre het. Ontleders wys daarop dat die oorname met strategiese oorwegings te doen het nadat die Amerikaanse aanlynreus Amazon.com, Inc. laat in 2017 'n Australiese filiaal gevestig het.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]