Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Desember
Voorkoms
13 Desember: Luciafees in Swede • Republiekdag in Malta (1974)
- 1813 – Zwarte Berg in die Wes-Kaap word hernoem na Caledon, ter ere van Du Pré Alexander, graaf van Caledon.
- 1961 – Oorlede: Grandma Moses, bekende Amerikaanse volkskunstenares.
- 1996 – Kofi Annan word verkies tot Sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies.
- 2002 – Die Europese Unie kondig die lidmaatskap van tien nuwe lande aan: Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië.
- 2004 – Foto's deur Cassini-Huygens wys dat die helder strepe en slierte op die Saturniese maan Dione se oppervlak ys-agtige afgronde is, veroorsaak deur tektoniese breuke in die maan se kors.