Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 Desember
Voorkoms
17 Desember: Nasionaledag in Bhoetan (1907)
- 1652 – Jan van Riebeeck ontdek die komeet C/1652 Y1.
- 1777 – Frankryk word die eerste land wat die Verenigde State van Amerika as nasie erken.
- 1837 – 'n Brand breek in die Winterpaleis in Sint Petersburg uit, wat groot dele van die gebou verwoes.
- 1903 – Orville en Wilbur Wright voer die eerste suksesvolle vlug met 'n masjienaangedrewe vastevlerkvliegtuig uit.
- 1944 – Malmedy-menseslagting: Waffen-SS troepe vuur met masjiengewere op omtrent 150 ongewapende krygsgevangenes naby Malmedy, België.