17 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
17 Desember is die 351ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (352ste in skrikkeljare). Daar volg nog 14 dae in die res van die jaar .
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 283 – Pous Gajus volg Pous Eutichianus op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 384 – Pous Siricius volg Pous Damasus I op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1456 – Pous Callixtus III stel 6 kardinale aan waaronder Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II).
- 1537 – Pous Paulus III plaas koning Hendrik VIII onder 'n interdik, wat aanleiding gee tot die totstandkoming van die Anglikaanse Kerk.
- 1652 – Jan van Riebeeck ontdek die komeet C/1652 Y1.
- 1703 – Pous Clemens XI stel Francesco Pignatelli, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal.
- 1777 – Frankryk word die eerste nasie wat die Verenigde State van Amerika as nasie erken.
- 1785 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word priester gewy.
- 1832 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word aartsbiskop-biskop van Imola.
- 1837 – 'n Brand breek in die Winterpaleis in Sint Petersburg uit, wat groot dele van die gebou verwoes.
- 1862 – Generaal Ulysses S. Grant verban Jode uit Tennessee, Mississippi, en Kentucky.
- 1903 – Die eerste aangedrewe vlug deur die Wright-broers vind plaas.[1]
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers val die stad Basel in Switserland aan. Aansienlike skade word aangerig en 4 persone sterf. Switserland was 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Malmedy-menseslagting: Waffen-SS troepe vuur met masjiengewere op omtrent 150 ongewapende krygsgevangenes naby Malmedy, België.
- 1967 – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië (gebore 1908) verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem. Dit word aanvaar dat hy verdrink het.
- 1969 – Die Amerikaanse Lugmag kondig aan dat sy vlieënde-pieringondersoeke geen getuienis ontbloot het oor die bestaan van 'n buite-aardse ruimtetuig nie.
- 1973 – Die Amerikaanse Psigiatrievereniging verwyder homoseksualiteit van sy lys van geestesversteurings.
- 1977 – Victoria Falls in Rhodesië word met mortiere aangeval vanuit Zambië; 8 persone beseer.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1840 – Sir John Fraser, Suid-Afrikaanse staatsman († 1927).
- 1873 – Ford Madox Ford, Engelse romansier, digter, kritikus en redakteur († 1939).
- 1900 – Koos Strauss, leier van die Verenigde Party en kabinetsminister († 1990).
- 1905 – Simo Häyhä, Finse soldaat en waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye († 2002).
- 1908 – William Wordsworth, Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth († 1988).
- 1929 – Nellie du Toit, Suid-Afrikaanse liriese sopraan († 2018).
- 1933 – Edmond Schietekat, Vlaamse digter († 1981).
- 1936 – Jorge Mario Bergoglio (later Pous Franciscus I), die 266ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1938 – Peter Snell, Nieu-Seelandse middelafstandatleet († 2019).
- 1945 – Marlise Joubert, Afrikaanse skrywer en digter.
- 1975 – Milla Jovovich, Amerikaanse aktrise in Kiëf, Oekraïne gebore.
- 1992 – Quinton de Kock, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 248 – Pous Herakles van Alexandrië 13de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend).
- 1187 – Pous Gregorius VIII, die 173ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1110).
- 1645 – Nur Jahan, keiserin van die Mogolryk van Indië (* 1577).
- 1830 – Simón Bolívar, Venezolaanse vryheidsvegter en politieke leier (* 1783).
- 1909 – Koning Leopold II van België (* 1835).
- 1922 – Ds Abraham Isaac Steytler, invloedryke leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1840).
- 1923 – Folkert Wilko Hesse, ’n Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms (* 1855).
- 2011 – Cesária Évora volksangeres van Kaap Verde (* 1941).
- 2018 – Penny Marshall, Amerikaanse aktrise (* 1943).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Nasionale Dag in Bhoetan
- Die Saturnalia-fees, ter ere van Saturnus begin.
- Feesdag van Pous Herakles van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Telegram from Orville Wright in Kitty Hawk, North Carolina, to His Father Announcing Four Successful Flights, 1903 December 17". World Digital Library (in Engels). 17 Desember 1903. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2019. Besoek op 21 Julie 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 Desember. |